bikeinjoutaal.co.za

Bike klĂȘtsery => Lekker roetes => Topic started by: Coetzee Zietsman on August 23, 2013, 07:34:16 am

Title: Kanaal Roete Noordwes
Post by: Coetzee Zietsman on August 23, 2013, 07:34:16 am
Ek het al weer een van daai snotty boodskappe van Colyn gekry, so hier kom my storie. So 'n naweek terug besluit ek en die vrou ons gaan op die Country Trax ride. Ek bel vir Aldo en hy sĂȘ dit is 'n maklike roete, al langs die kanaal af wat tussen Brits en Beestekraal loop. Hy vat sy vrou saam, so die roete is pillion vriendelik. Die Country Trax manne hou daarvan om vroeg in die oggend te ry. Ek self het op 'n plaas grootgeword, maar as jy 5 uur op 'n Sondag moet opstaan om die kind by die oppassers te kry en dan na die versamelpunt te ry om net na sewe te vertrek, is dit 'n bietjie vroeg vir my. Maar dit is lekker en mooi daai tyd van die oggend, so ek vergewe hulle. Met my vrou agterop maak dit dinge ook natuurlik makliker. Aldo het my verseker daar gaan net so 7 bikes wees, maar of hy het gejok of hy het homself heeltemal misgis. Daar was toe 30.

(https://fbcdn-sphotos-b-a.akamaihd.net/hphotos-ak-ash4/1147711_10151834433733428_1627824843_o.jpg)

Hierdie is maar net 'n klein gedeelte van die groepie en daai is Aldo wat aan ons die plan verduidelik. Country Trax het 'n sisteem vir sulke groot rides. Jy is verantwoordelik vir die persoon agter jou. So as jy draai moet jy seker maak die ou op die bike agter jou het jou gesien en dan gaan jy aan. So maak jy seker dat niemand verlore raak nie. Maar meer hieroor later. Daai plan is in my beskeie opinie 'n fokop wat 'n plek soek om te gebeur.

(https://fbcdn-sphotos-c-a.akamaihd.net/hphotos-ak-prn2/969296_10151834434333428_1008475109_n.jpg)

Traffic jam so vroeg op 'n Sondag oggend, maar 'n mens kan daarmee saamleef, want dit is bikes. Ons vat die pad Pretoria uit rigting Hartebeespoortdam. Van daar is die plan om oor Silkaatsnek te ry en die grondpad agter die berg te vat wat al langs die kanaal loop tot by Beestekraal. Slim plan. Ek en die vrou ry agter om die spul bymekaar te hou, Aldo het aangedring, en voor ons ons oe uitvee is ons in Brits, 7 van ons, met geen ander bike in sig nie. Ons bel heen en weer en soek mekaar, maar om 'n groep bikers op 'n grondpad op te spoor as jy verlore is, is feitlik onmoontlik. Ons groep van sewe vat kortste pad kanaal toe.

(https://fbcdn-sphotos-e-a.akamaihd.net/hphotos-ak-prn2/1093965_10151834434898428_1316924234_o.jpg)

Ons kry die kanaal, maar ons kry nie die res van die 30 minus sewe groep nie. Toe maak ons maar ons eie ride. Die kanaal is lekker om langs te ry. Jy ry deur plase en op 'n lekker interessante grondpad. Om elke hoe en draai, en daar is baie, is daar iets nuuts om te sien.

(https://fbcdn-sphotos-g-a.akamaihd.net/hphotos-ak-ash4/1009256_10151834435273428_1914858852_o.jpg)

Die roete is ook ideaal vir 'n pillion. Daai is my pal Eddie daar voor met sy vrou agterop. Hulle is nuut in die pillion ding, maar nadat Eddie die sandkursus gedoen het, ry hy soos 'n champion.

Ons ry omtrent so 40 km al langs die kanaal af. Ons gaan drie keer deur water en slaan tot 'n stukkie sand. Net toe ons lekker begin ry, is ons in Beestekraal. Die ou stasie daar is omskep in 'n eetplek en dit is die moeite werd om daar te stop.

(https://fbcdn-sphotos-d-a.akamaihd.net/hphotos-ak-prn2/1120011_10151834437158428_493712893_o.jpg)

Daar aangekom, is die res van die 30 minus 7 groep reeds daar en die meeste van hulle het al amper klaar geeet. Ons pad was toe baie langer as die een wat hulle gery het, hy was ook meer grond en meer tegnies. Op die ou einde was dit 'n bedekte seen om die groep mis te ry. Dit was so lekker ek doen dit sommer weer. Ons vat breakfast.

(https://fbcdn-sphotos-f-a.akamaihd.net/hphotos-ak-ash4/1093859_10151834437668428_1331618185_o.jpg)

Lekker groepie. Saam met hulle verdwaal ek sommer weer. Oor die Country Trax sisteem, bulle, verander dit. Op al die rides waar ek al saam met julle was en waar julle dit toepas, werk dit nie. Wat van iets meer eenvoudig. Soos die leier wat stop na 'n draai en wag tot die laaste persoon opgevang het. Dan ry jy verder. Julle plan werk net tot 'n nuwe ryer wat sukkel vergeet om agtertoe te kyk. Dan is daar sewe mense missing. Dink daaroor.

Voor lunch is ons weer by die huis en ons het nog tyd om 'n middagslapie te vang. Lekker ride saam lekker vriende en die voordeel van vroeg wegspring is dat jy vroeg tuis is. Bel as julle weer ry. Ek gaan saam.
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: Clem on August 23, 2013, 07:39:29 am
Dankie! Lekker gelees en nou is ek ook lus vir so 'n trippie!  O0 O0
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: Colyn on August 23, 2013, 07:42:25 am
Dankie Coetzee ... ja daai plan van pas die ou agter jou op ... klink vir my ook nie lekker nie.
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: Lin3 on August 23, 2013, 08:01:25 am
Dankie Coetzee - as julle weer daarheen ry, laat weet seblief, ek en Andre is groentjies oppie grond en moet bietjie oefen voor Desember.
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: Clem on August 23, 2013, 08:03:55 am
Dankie Coetzee ... ja daai plan van pas die ou agter jou op ... klink vir my ook nie lekker nie.

Ek het dit self op bikes nog nooit probeer nie maar ek is nou al jare lid van 4x4 ATV Klub en wanneer ons die Bundu roete doen dan geld dieselfde beginsel. Ek moet se, dit het nog altyd goed gewerk daar want dit word by jou ingeburger! Met al die bospaadjies en draaaitjies kan 'n mens nie bekostig om die ou agter jou te verloor nie, dit kan lank vat om so 'n ou te kry en dan is die naweek in sy maai.  O0
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: Coetzee Zietsman on August 23, 2013, 08:13:49 am
Probleem met bikes is dat jy redelik bedrewe ryer moet wees om te konstentreer op wat voor jou aangaan en dan nog seker te maak die spul agter jou raak nie agter nie. Ek is bv. nie so bedrewe dat ek die voor en agterkant van my ride kan manage op dieselfde tyd nie. As dinge tegnies raak, dan vergeet jy van agter ter wille van oorlewing. En dis daar waar die probleem begin. Klein groepe waar almal kan ry, is anners. Groot groepe moet die voorbok maar stop en wag. Dis wat ek dink.
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: Colyn on August 23, 2013, 08:23:36 am
Toe ek nog in groepe gery het het ons altyd 3 ouens gehad wat spesifieke poste inneem ...
No 1 en 2 en dan die amptelike Sweeper.

Eerste afdraai wag no 1 vir die Sweeper en No 2 ry stadiger voor en wag dat No 1 weer bykom ... as daar a afdraai is voor no 1 by is dan wag die hele groep. Dit beteken dan ook dat as daar a probleem agter is of was dan is die hele groep nie verder weg as die volgende afdraai nie.

As ons die langpad ry dan is die reel dat dat almal bymekaar moet wees voor ons a dorp ingaan.
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: Clem on August 23, 2013, 08:36:30 am
Probleem met bikes is dat jy redelik bedrewe ryer moet wees om te konstentreer op wat voor jou aangaan en dan nog seker te maak die spul agter jou raak nie agter nie. Ek is bv. nie so bedrewe dat ek die voor en agterkant van my ride kan manage op dieselfde tyd nie. As dinge tegnies raak, dan vergeet jy van agter ter wille van oorlewing. En dis daar waar die probleem begin. Klein groepe waar almal kan ry, is anners. Groot groepe moet die voorbok maar stop en wag. Dis wat ek dink.


Ek hoor jou!  O0
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: NielvN on August 23, 2013, 12:37:15 pm
Ek het dit self op bikes nog nooit probeer nie maar ek is nou al jare lid van 4x4 ATV Klub en wanneer ons die Bundu roete doen dan geld dieselfde beginsel. Ek moet se, dit het nog altyd goed gewerk daar want dit word by jou ingeburger! Met al die bospaadjies en draaaitjies kan 'n mens nie bekostig om die ou agter jou te verloor nie, dit kan lank vat om so 'n ou te kry en dan is die naweek in sy maai.  O0

Clem ek was ook lid daar, na my groot maaitjie (Kicker) se dood, het ek bietjie belang verloor an minder en minder gegaan, was baie lekker daai jare.
 O0 O0
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: NielvN on August 23, 2013, 12:38:06 pm
Daai kanale roete is groot fun.  O0 O0
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: Clem on August 23, 2013, 12:46:38 pm
Clem ek was ook lid daar, na my groot maaitjie (Kicker) se dood, het ek bietjie belang verloor an minder en minder gegaan, was baie lekker daai jare.
 O0 O0

Ja, ek is ook al jare 'n lid daar maar kan eerlik se ek kan nie eers onthou wanneer laas was ek op 'n bundu nie. Was darem al intussen terug vir morele ondersteuning tydens die jamboree maar dis ook maar dit. Dit was en ek glo is nog steeds lekker. Dit hang baie af van die groep mense met wie jy kuier.  O0 O0
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: Gert J on August 23, 2013, 13:05:41 pm
Toe ek nog in groepe gery het het ons altyd 3 ouens gehad wat spesifieke poste inneem ...
No 1 en 2 en dan die amptelike Sweeper.

Eerste afdraai wag no 1 vir die Sweeper en No 2 ry stadiger voor en wag dat No 1 weer bykom ... as daar a afdraai is voor no 1 by is dan wag die hele groep. Dit beteken dan ook dat as daar a probleem agter is of was dan is die hele groep nie verder weg as die volgende afdraai nie.

As ons die langpad ry dan is die reel dat dat almal bymekaar moet wees voor ons a dorp ingaan.

Dit is die manier om dit te doen as die groep bietjie groot raak.

Dankie Coetzee , lekker roete en ek hou baie van Beestekraal.
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: Faan on August 23, 2013, 14:24:23 pm
Klink vrek lekker!!! Sal dit ook graag wil doen  O0

Dankie Coetzee!
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: MarindaGS on August 25, 2013, 17:44:16 pm
Daai kanale roete is groot fun.  O0 O0

Jip Niel sal weet...hy besit 'n klein plasie daar :2f :2f :2f
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: NielvN on August 25, 2013, 18:43:07 pm
Jip Niel sal weet...hy besit 'n klein plasie daar :2f :2f :2f

 O0 O0 O0 O0
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: Gert J on August 26, 2013, 07:42:33 am
Jip Niel sal weet...hy besit 'n klein plasie daar :2f :2f :2f

Hy het amper n kanaal ook besit  :2f :2f

Ons lag nou maar daardie dag het ons bietjie geskrik. Gelukkig is daardie Silinderkoppe van die GS en die Chrashbars goeie remme as jy hulle in die grond indruk.
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: MarindaGS on August 26, 2013, 08:25:03 am
Hy het amper n kanaal ook besit  :2f :2f

Ons lag nou maar daardie dag het ons bietjie geskrik. Gelukkig is daardie Silinderkoppe van die GS en die Chrashbars goeie remme as jy hulle in die grond indruk.


 O0 O0 O0
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: FATO on August 26, 2013, 16:34:27 pm
Probleem met bikes is dat jy redelik bedrewe ryer moet wees om te konstentreer op wat voor jou aangaan en dan nog seker te maak die spul agter jou raak nie agter nie. Ek is bv. nie so bedrewe dat ek die voor en agterkant van my ride kan manage op dieselfde tyd nie. As dinge tegnies raak, dan vergeet jy van agter ter wille van oorlewing. En dis daar waar die probleem begin. Klein groepe waar almal kan ry, is anners. Groot groepe moet die voorbok maar stop en wag. Dis wat ek dink.


Stem saam Coetzee. Wat ek ook al ondervind het is dat as die sisteem gebruik word deur te kyk dat die ou agter jou daar is, nie altyd so goed werk nie. Dit het al gebeur dat iewers agter 'n probleem opduik, en sodra die voorste ryer die agterste ou sien, hy weg vlieg. Die agterste ou jaag al hoe vinniger om hom te probeer stop, en met elke paar in die lyn af word die probleem erger. Beter om as jy nie seker is almal is by nie, maar te wag vir 'n minuut tot almal by is, en dan weer voort.
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: Coetzee Zietsman on August 26, 2013, 17:20:58 pm
FATO, wat lyk jou profiel foto vir my so bekend. Seker maar my verbeelding.
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: NielvN on August 26, 2013, 17:52:30 pm
Hy het amper n kanaal ook besit  :2f :2f

Ons lag nou maar daardie dag het ons bietjie geskrik. Gelukkig is daardie Silinderkoppe van die GS en die Chrashbars goeie remme as jy hulle in die grond indruk.

Daai was n simple judgement foutjie, maar ek het geleer......... te veel spoed as jy die terein nie ken nie, kan jou kos.  ;D ;D

Maar nie n groot issue nie, spannertjies en alles was weer reg en rybaar, nie soos memel waar ons 'n sleepwa moes laat kom na ons die fietse met tou straps reggemaak het om uit die berge uit te kry.  ;D ;D
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: Coetzee Zietsman on August 26, 2013, 18:07:01 pm
Wat is bike ry in elk geval sonder 'n glipsie hier en daar.
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: MarindaGS on August 26, 2013, 20:55:22 pm
Wat is bike ry in elk geval sonder 'n glipsie hier en daar.

En kry ons darem nou nie vir jou glipsies nie :2f :2f :2f

Ai tog daai sidestand incidents... 8)
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: WABez on August 26, 2013, 21:12:20 pm
En kry ons darem nou nie vir jou glipsies nie :2f :2f :2f
...

Die ENIGSTE ou glipsie wat ek nog OOIT gehad, was op my heel eerste date!  O0 >:D :2f :2f :2f :2f :2f

...
Ai tog daai sidestand incidents... 8)

Huh, wat is dit??  ??? ??? :o
Title: Re: Kanaal Roete Noordwes
Post by: FATO on August 29, 2013, 18:21:34 pm
FATO, wat lyk jou profiel foto vir my so bekend. Seker maar my verbeelding.

Nie jou verbeelding nie. As ek reg onthou het jy op 40 grade Celsius klippe gele om daardie foto te neem!