bikeinjoutaal.co.za

Bike in jou Taal Ontvangs => Vertoonlokaal => Klerasie en Tierlantyntjies => Topic started by: Colyn on March 18, 2009, 08:48:00 AM

Title: Tripwired Clothing
Post by: Colyn on March 18, 2009, 08:48:00 AM
(http://www.tripwired.co.za/tripweb/images/tw_790x132_masthead.jpg)

Tripwired spesialiseer in die verskaffing van korporatiewe klere en verskaf ook klerasie items wat geskik is vir die gebruik tydens motorfiets ritte. Elke kledingstuk word uitgesoek en gekeur vir praktiese doeltreffendheid en styl. Tripwired glo dat mens goed moet ly as jy die swaer ryklere uittrek.

Tripwired het ook 'n moderne borduur fabriek en kan enige tipe kunswerk in 'n puik geborduurde komponent lewer.

(http://www.tripwired.co.za/tripweb/images_MSE/480_IMG_7526.jpg)(http://www.tripwired.co.za/tripweb/images_MSE/480_IMG_7566.jpg)

Kontak ons gerus vir enige koporatiewe item, t-hemde, golf hemde, "pit shirts", pette ens.

Tel. : 013 753 2111       Fax : 013 7522 811     :cell Sel : 083 488 1843
E-Pos : info@tripwired.co.za
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Colyn on March 28, 2009, 21:53:21 PM

WOEMA - Tripwired - Pitshirt V1.0

(http://www.tripwired.co.za/JCS_Bucket/TW_Shots/Woema/Woema_PITSHIRT_001.jpg)

(http://www.tripwired.co.za/JCS_Bucket/TW_Shots/Woema/Woema_PITSHIRT_001b.jpg)

Die hemde is van a baie sterk materiaal gemaak en die borduurwerk is van hoogstaande gehalte. Daar is plek op die regtermou en op die regter bors onderkant Tripwired vir jou eie Bike Brand as jy dit so wil hê.

Handelaars is welkom om die hemde in voorrad te hou en die twee plekke te benut vir hulle eie branding.
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Riaan on March 30, 2009, 11:07:11 AM
het julle al stock
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: TC on March 30, 2009, 11:08:45 AM
het julle al stock

bwahahahahhahahha
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Riaan on March 30, 2009, 11:10:22 AM
wats so snaaks  ::) As ek n hemp koop soek ek hom binne n week
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: TC on March 30, 2009, 11:12:45 AM
wats so snaaks  ::) As ek n hemp koop soek ek hom binne n week

ja ja ..................
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Colyn on March 30, 2009, 11:38:27 AM
wats so snaaks  ::) As ek n hemp koop soek ek hom binne n week

Ons maak die hemde op bestelling en hou nie stock nie ... Delivery is 14 Werksdae.

Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Strawbs on March 30, 2009, 11:54:11 AM
hemp lyk goed..
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Cassie on March 30, 2009, 11:56:06 AM
Colyn, mag ons die geel vervang met blou?

*Cassie wapper haar wimpers vir Colyn*  :)
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Bosvark on March 30, 2009, 12:02:05 PM
Colyn, mag ons die geel vervang met blou?

*Cassie wapper haar wimpers vir Colyn*  :)

Blou bul blou ??? ja goeie plan !!

Bossie wapper haar wimpers vir Colyn
Varkie wapper haar wimpers vir Colyn
Andre wapper haar wimpers vir Colyn
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Colyn on March 30, 2009, 12:03:35 PM
Vladder gaan nie help nie Cassie ;) ... Woema se kleure is Geel en Swart ... ek kan vir ander aanwendings die kleure verander.

Julle mense kan so kommissietjie verdien of twee as jy mense, handelaars of instansies kry wat hierdie soort hemde soek.
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Cassie on March 30, 2009, 12:10:54 PM
Vladder gaan nie help nie Cassie ;) ... Woema se kleure is Geel en Swart ... ek kan vir ander aanwendings die kleure verander.

Goed.......

Julle mense kan so kommissietjie verdien of twee as jy mense, handelaars of instansies kry wat hierdie soort hemde soek.

Ek soek nie kommissie nie....... ek sal adverteer........  ;D  Beteken dit nou ek moet geel onderklere dra? >:D
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Bosvark on March 30, 2009, 12:23:58 PM
Ek soek nie kommissie nie....... ek sal adverteer........  ;D  Beteken dit nou ek moet geel onderklere dra? >:D

Ek het dieselfde probleem ....ai tog ......sug ....  :-*
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Tekkies on April 07, 2009, 07:34:01 AM
Ons maak die hemde op bestelling en hou nie stock nie ... Delivery is 14 Werksdae.



Colyn, wat se sizes maak julle...party van ons is so bietjie rof af gepleister... :) :)...en wat prys dit
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Tekkies on April 07, 2009, 07:36:06 AM
Ons maak die hemde op bestelling en hou nie stock nie ... Delivery is 14 Werksdae.



...jammer het gesien :-[
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: TC on April 07, 2009, 07:53:35 AM
...jammer het gesien :-[

Tekkies dit gaan langer vat om by jou uit te kom ........ miskien ook nie.........  ::)
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Tekkies on April 07, 2009, 07:57:31 AM
Tekkies dit gaan langer vat om by jou uit te kom ........ miskien ook nie.........  ::)

nee...ek kom SA toe oor twee weke en sal dit daar kry ...as klaar is... ;)
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Colyn on April 07, 2009, 08:20:01 AM
Tekkies sit net jou besonderhede in die bestellings thread. Ek is tans besig om die spesiale borduur stukke vir die hemde te maak en dit moet klaar wees voor ons begin maak. Ek het almal gedoen waarvan ek die kusnwerk het ... wag nou net vir nog a paar sizes ... die WOEMA mense is erg traag om die inligting te gee. :(
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: 2wh33ls on July 06, 2009, 14:11:48 PM
waar kan ek bestel?
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Cassie on July 06, 2009, 14:28:03 PM
waar kan ek bestel?

Hieso --> http://bikeinjoutaal.co.za/forum/index.php?topic=801.msg20166#new
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: GSJeri on January 15, 2010, 08:38:47 AM
Is daar 'n webtuiste waar mens die produk kan besugtig?
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Cassie on January 15, 2010, 08:40:09 AM
Is daar 'n webtuiste waar mens die produk kan besugtig?

http://www.tripwired.co.za/tripweb/tripwired.htm

Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: GSJeri on January 15, 2010, 08:53:48 AM
Baie dankie Cassie,

Wil nou nie dom voorkom nie maar daar is geen voorbeelde van wat hulle aanbied nie.

Ek is opsoek na 'n lekker koel hemp wat ek onder my baadjie kan dra vir daai warm dae op die my liefie
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Cassie on January 15, 2010, 09:00:10 AM
Baie dankie Cassie,

Wil nou nie dom voorkom nie maar daar is geen voorbeelde van wat hulle aanbied nie.

Ek is opsoek na 'n lekker koel hemp wat ek onder my baadjie kan dra vir daai warm dae op die my liefie

http://forum.tripwired.co.za/index.php?topic=5.0

Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Colyn on January 15, 2010, 11:18:18 AM
Gaan na www.tripwired.co.za
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Colyn on January 15, 2010, 11:19:27 AM
Kyk ook hier.

http://bikeinjoutaal.co.za/forum/index.php?topic=1186.0
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Cassie on January 19, 2010, 09:05:05 AM
Colyn, maak julle T-shirt ook. In plaas van die duur hemde t-shirt met printing op dit?

 :idt Kyk na die fotos wat ek hierbo gepost het.....  ;)
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Cassie on January 19, 2010, 09:14:52 AM
Jammer Cassie.

No problem.  ;)  Hulle kan ook vir jou enige prentjie opsit wat jy wil hê.........
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: GoFast on January 19, 2010, 09:15:49 AM
No problem.  ;)  Hulle kan ook vir jou enige prentjie opsit wat jy wil hê.........

Enige iets? ???
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Cassie on January 19, 2010, 09:31:03 AM
Enige iets? ???

Ja, stuur die goed vir Colyn.  ;)
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: RobC on March 31, 2010, 08:36:11 AM
Ek dog WD goed is net op die forum winkel beskikbaar? Is dit nie kopiereg skending nie?
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Colyn on March 31, 2010, 08:57:33 AM
Ek dog WD goed is net op die forum winkel beskikbaar? Is dit nie kopiereg skending nie?

Verduidelik asseblief.
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: RobC on March 31, 2010, 09:09:08 AM
Trip Wired gebruik die simbole en logos vir eie gewin soos ek dit sien sonder om aan die WD forum iets te gee.
Die feit dat daar verwys word na hulle is nie verskoning nie. :-\
Ek voel die hele thread behoort in nommer 13 gegooi te word.
Dis dieselfde as ouens wat 2010 goed maak en verkoop sonder FIFA se goedkeuring in my opienie.
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Colyn on March 31, 2010, 09:15:36 AM
En jy is seker van jou feite ?
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Colyn on March 31, 2010, 09:20:06 AM
Verder ... as jy na die http://bikeinjoutaal.co.za/forum/index.php?topic=1186.0 verwys ... daar is duidelik in die thread dat dit vir myself deur myself gedoen is. Geen benadeling van niemand nie.
Tweedens, die goed was gewys aan die WD bestuur en hulle wag om hulle winkel op te kry.

Maak seker van jou feite VOOR jy sommer hier kom en voorstelle maak oor wat file 13 toe moet gaan.

PS ... Praat gerus met Oetie hieroor.
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Esteni on March 31, 2010, 09:24:16 AM
Verder ... as jy na die http://bikeinjoutaal.co.za/forum/index.php?topic=1186.0 verwys ... daar is duidelik in die thread dat dit vir myself deur myself gedoen is. Geen benadeling van niemand nie.
Tweedens, die goed was gewys aan die WD bestuur en hulle wag om hulle winkel op te kry.

Maak seker van jou feite VOOR jy sommer hier kom en voorstelle maak oor wat file 13 toe moet gaan.

PS ... Praat gerus met Oetie hieroor.


Eina!!! ???
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: RobC on March 31, 2010, 09:27:42 AM
Volgens wat ek verneem is daar geen ooreenkoms tussen TripWired en WD nie, want ek sou belang gestel het as dit so was. :-[
Daarom voel ek dat die indruk wat geskep word hier en op TripWired beter verduideliking nodig het.
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Colyn on March 31, 2010, 09:31:17 AM
Ek het die voorbeelde opgemaak en aan WD bestuur gewys ... dis waarvoor ek die fotosessie gedoen het.  Daar het niks van gekom tot dusver nie en volgens my inligting is daar geen plek waar mense die goed kan bestel van Tripwired af nie.

Solank ek nie beskermde logos VERKOOP nie is daar geen "oortredings" nie. Selfde geld vir Tripwired.

Miskien sal die goed eendag in die WD shop wees ... wie weet.
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: RobC on March 31, 2010, 09:35:34 AM
Dan moet dit BAIE DUIDELIK so genoem word dat dit slegs VOORBEELDE is dink ek.
Tans is die indruk wat geskep word dat dit beskikbaar is op aanvraag.
Hoekom ek so aangaan hieroor is om rede ek pak slae gekry het vir goed op 'n website wat ek op 'n tyd onderhou het... die manne wou my hof toe sleep en allerhande ander derglike goed. Die maklikste was om dit in file 13 te gooi.
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Colyn on March 31, 2010, 09:39:25 AM
Wel whoever daai thread lees en dink hy het a prima facie saak moet maar sy maak maak ;)
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Vallee on March 31, 2010, 09:40:59 AM
Rob ek moet eerlik se hier op WOEMA operate ons anders ... ons is n forum in eie reg!

Dit is nie reg om ons met anders mindere forums te vergelyk nie! Ons is WOEMERS en ons het WOEMA!
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: RobC on March 31, 2010, 09:43:16 AM
Rob ek moet eerlik se hier op WOEMA operate ons anders ... ons is n forum in eie reg!

Dit is nie reg om ons met anders mindere forums te vergelyk nie! Ons is WOEMERS en ons het WOEMA!
Ek vergelyk nie forums nie... net 'n spesiefieke thread wat problematies is vir my.  ^-^
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Vallee on March 31, 2010, 09:45:23 AM
Ek vergelyk nie forums nie... net 'n spesiefieke thread wat problematies is vir my.  ^-^

Ja! en let wel dit is in die verlede en alles is uitgesorteer ... get over it and move on!

Raak eers gewoond aan die forum ... dan kan jy met voorstelle wat geregverdig word voorkom!
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Colyn on March 31, 2010, 09:46:27 AM
Quote
Gewoonlik is dit nogal 'n probleem as mens na serious vergaderings toe moet gaan en jy ry bike. Tripwired het a mission om nice klere te verskaf vir die slag as jy van jou bike af klim maar jy wil darem nogsteeds jou bike konneksie behou.

Hier is iets wat ek vir myself gemaak het. My seun moes maar model speel.

Wat is problematies hieraan ...

Die thread het daartoe gelei dat iemand van die forum 4 stelle sulke klere met sy eie logos op aangeskaf het ... sorry ... die thread bly net waar hy is. ;)
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: RobC on March 31, 2010, 09:48:13 AM
My voorstel is dat daar onomwonde genoem moet word dat die produkte wat WD embleeme en bewoording bevat nie te koop is nie maar slegs "Voorbeelde" was...
Ek laat dit eers daar dan. O0
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Vallee on March 31, 2010, 09:55:16 AM
Niemand kla oor adverteering nie ... Colyn is die groot baas en maak nie saak hoe jy daarna kyk nie ... as voorbeelde geadverteer word kan die verskaffer ENIGE voorbeeld gebruik.

Gaan kyk maar na die competitions act ... hy verkoop nie WD hemde aan die woemers nie!

Dit is so goed as vat jy in n motor hanedelaar se vertoon lokaal inloop en kyk na n mini maar daar is ook n mercedes op die vloer!

Niemand verplig jou om die mercedes te koop nie!

Kry jou feite reg voor jy opstook!
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: RobC on March 31, 2010, 10:11:13 AM
Valee, ek kyk daarna van Kopiereg se kant... dit het NIKS te doen met die competitions act nie.
Gaan lees maar gerus http://www.gpa.co.za/pdf/legislation/Copyright%20Act.pdf
I rest my case.
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Colyn on March 31, 2010, 10:13:56 AM

I rest my case.

Doen so asseblief en hou die entiteite soos Tripwired en Wilddogs uit jou argumente. Laas toe ek gekyk het was Hein die eienaar van Wilddogs.
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Clem on March 31, 2010, 11:48:04 AM
Moer mekaar, ek haat vrede!  >:D >:D >:D >:D
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Kola on March 31, 2010, 11:49:35 AM
Moer mekaar, ek haat vrede!  >:D >:D >:D >:D

Maar doen dit iewers anders as hier, dit is nie goed om te veel getuies te he nie  ;D
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: JJ on March 31, 2010, 11:53:12 AM
Moer mekaar, ek haat vrede!  >:D >:D >:D >:D

En ek dog jy's 'n softie....        :2f :2f :2f
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Clem on March 31, 2010, 11:55:11 AM
En ek dog jy's 'n softie....        :2f :2f :2f

Eintlik is ek.... Baie, baie klein hartjie met 'n groot en bemoerde lyf....
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Riaan on March 31, 2010, 11:58:33 AM
Maar doen dit iewers anders as hier, dit is nie goed om te veel getuies te he nie  ;D

Is jou spider dood..................sien hy staan dood stil  O0 ^-^
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: RobC on March 31, 2010, 15:05:44 PM
Doen so asseblief en hou die entiteite soos Tripwired en Wilddogs uit jou argumente. Laas toe ek gekyk het was Hein die eienaar van Wilddogs.
Ek het probeer waarsku dat dit Kopiereg verbreek dis al. :'(
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Kola on March 31, 2010, 19:16:51 PM
Rob, los dit - IMHO

My spinnekop werk vir die Staatsdiens Riaan, daar waar hy nou stilstaan is hy volspoed...
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Riaan on March 31, 2010, 20:44:43 PM
mwhaaaaaaaaaaaa
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Simone on September 07, 2011, 09:12:45 AM
Hallo almal hier..

Ek is die nuwe verkoopsdame by Tripwired. Kontak my gerus vir klere.
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Infinity on September 07, 2011, 09:27:27 AM
Sal op website gaan loer dankie  ;)
Title: Re: Tripwired Clothing
Post by: Simone on September 07, 2011, 09:28:23 AM
Groot plesier. Email dan by info@tripwired.co.za