bikeinjoutaal.co.za

Bike in jou Taal Ontvangs => Maluti Avontuur => Topic started by: Coetzee Zietsman on March 17, 2011, 09:08:10 am

Title: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: Coetzee Zietsman on March 17, 2011, 09:08:10 am
Ek stel solank net almal in kennis dat die volgende Maluti Avontuur weer die eerste naweek van Maart 2012 gaan wees. Boek dit solank nou al. Ek sal nuus en ander informasie hier opsit soos dit los kom. Sal julle op hoogte hou van al die rides en spesiale aanbiedinge vir mense wat vroeg boek. Hierdie jaar was 'n groot sukses en almal het baie lekker bike gery. Ons maak die volgende een nog beter met nog meer pret en plesier.
Stuur ook asb voorstelle van wat julle graag by die Maluti Avontuur sal wil sien en watse tipe rides julle in belang sou stel.
Title: Re: Maluti Avontuur 2012
Post by: Nico1 on March 17, 2011, 20:59:06 pm
 KWAAI! O0 O0
Title: Re: Maluti Avontuur 2012
Post by: boeniel on March 31, 2011, 11:04:58 am
Ek was da in 2011. Die wat da was sal onthou die TW200 bende.   

Ek wil graag net so `n paar sent se voorstelle maak.  Ek sal ook help met moontlike organiseering en wil nie net kla nie.

1: Dat die verskillende roete se vertrek tye duidelik op `n bord of so aan gebring word. Daar kan `n gemeenskaplike bord wees en dan moet (of liewers kan) die vertrek (bymekaarkom) punte vir elke roete aan gedui word. Dit sal die "briefing" (magtig afrikaans is ma `n great taal ne`) beter en makliker maak. Die groep leiers sal dan presies weet hoeveel mense is in die groep. Almal sal dan ook weet wie die sweep in die groep is.
2: Daar moet die geleentheid wees om net vir die roetes te betaal en te kan ry sonder om die fees by te woon. Bv. iemand is daar en wil twee dae se roetes ry maar wil net op een dag die fees by bring.
3: Miskien kan daar ook gekyk word om op die langer roetes vir die ryers versnapperings by so `n halpad merk te kan gee. (ingesluit by die koste)
4: Dit sal ook handig wees as die roetes voor die tyd beskikbaar kan wees om op `n GPS te kan laai. E-mail, websitye of so iets. Iemand tel dalk `n probleem op en dan is die voorryer weg en die roete onbekend.
Title: Re: Maluti Avontuur 2012
Post by: Coetzee Zietsman on April 19, 2011, 12:42:47 pm
Slim planne en ek sien hulle in die lig. Sal beslis daarna kyk en van jou planne inkorporeer.
Title: Maluti Avontuur 2012 (1e naweek in Maart). Die aftel het begin.
Post by: Coetzee Zietsman on October 20, 2011, 03:37:26 am
Soos julle seker al teen die tyd weet, het Maluti Avontuur 'n baie suksesvolle BMW GS Eco in Clocolan aangebied. Dit was so suksesvol dat die BMW mense bevestig het hulle kom weer volgende jaar terug. In die proses het ons waardevolle lesse geleer en ondervinding opgedoen wat ons in die 2012 Maluti Avontuur kan inkroporeer. So die aftel het begin. Daar gaan 'n hele paar nuwe verassings wees en die roetes gaan beter as ooit wees. Vra maar vir die BMW ryers. Ek gooi solank 'n paar fotos hier net om die belangstelling te prikkel.

Title: Re: Maluti Avontuur 2012. Die aftel het begin.
Post by: Coetzee Zietsman on October 21, 2011, 12:32:34 pm
Die beste foto van die GS Eco op Clocolan. Dankie Greg Beadle. Ook net nog 'n voorsmakie van wat julle by die Maluti Avontuur kan verwag die eerste naweek in Maart 2012. Hou daai naweek sommer nou al oop.
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 (1e naweek in Maart). Die aftel het begin.
Post by: Cassie on October 21, 2011, 13:07:42 pm
 8) 8) 8)
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: Colyn on October 23, 2011, 08:02:06 am
Hoekom is die topic gelock ?
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: Coetzee Zietsman on October 24, 2011, 00:57:03 am
Colyn, Ek is nie bewus daarvan dat dit gelock is nie? Hoe unlock ek dit?
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: Colyn on October 24, 2011, 09:02:13 am
Moenie worry nie ... ek het dit unlock ;)
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: dgerhard on October 24, 2011, 21:51:43 pm
Nou voor hy weer sluit, eendag, eendag wil ek ook nog soontoe O0 O0
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: Coetzee Zietsman on October 25, 2011, 09:50:02 am
Gerry, jy het reeds die regte bike, so kry jou dinges in rat. Eendag is te laat.
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: dgerhard on October 27, 2011, 21:11:08 pm
Ai man, naweke is vir moeilik om weg te kom.  Kan ek en 'n paar ouens soos net die Vrydag-aand en Saterdag kom inloer?  Sal dit kan werk?  Indien wel sal ek graag wil kom O0 O0
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: dolf on October 28, 2011, 11:44:57 am
Hey doom, ek sal ongelukkig nie daai Sondag in die kerk kan wees nie! >:D >:D
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: Lin3 on October 28, 2011, 11:58:17 am
Gerry, jy het reeds die regte bike, so kry jou dinges in rat. Eendag is te laat.
Jip Gerry met daai dinges van jou moet jy mos Sondae op die kansel staan. ;D ;D ;D
Hoekom vra jy nie Johan van Schalkwyk om jou daardie naweek uit te help nie......
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: dgerhard on October 28, 2011, 13:09:32 pm
Jip Gerry met daai dinges van jou moet jy mos Sondae op die kansel staan. ;D ;D ;D
Hoekom vra jy nie Johan van Schalkwyk om jou daardie naweek uit te help nie......

Lindri, ek dink ek moet so 'n grappie maak!  Ten minste kan ons gemeente dan weer vir 'n slag na 'n ordentlike preek luister!!
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: Lin3 on October 28, 2011, 14:16:33 pm
Lindri, ek dink ek moet so 'n grappie maak!  Ten minste kan ons gemeente dan weer vir 'n slag na 'n ordentlike preek luister!!
Hehehe ek dink jy vis vir komplimente.... :)
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: JacoGS on November 02, 2011, 21:29:20 pm
hi daar , dit klink of dit n lekker naweek kan wees , sal graag ook saam kom ,
 hou my asb op hoogte van reelings !!
e-pos      cds1@wemail.co.za
Dankie Jaco
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: Cois Fourie on November 18, 2011, 12:07:15 pm
Coetzee en Maluti avontuur.

Baie dankie vir hierdie fees wat weer voorle. Ek gaan beslis en ek het klaar met paar ander manne gesels hulle gaan ook van wyd en suid by ons aansluit. Sien jul daar!!!!
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: Cassie on November 18, 2011, 12:34:19 pm
Coetzee en Maluti avontuur.

Baie dankie vir hierdie fees wat weer voorle. Ek gaan beslis en ek het klaar met paar ander manne gesels hulle gaan ook van wyd en suid by ons aansluit. Sien jul daar!!!!

Hello,

Kyk gou hierdie  8) afdeling asb --> http://bikeinjoutaal.co.za/forum/index.php?board=2.0
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: Infinity on November 18, 2011, 17:43:59 pm
Way te gevorderd vir my dankie
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: Coetzee Zietsman on February 03, 2012, 08:54:06 am
Meer info oor die Maluti Avontuur. Onthou die paket vir mense wat net vir 'n dag wil deurkom of net 'n outride wil doen, is steeds beskikbaar. 'n Outride gaan jou R50 kos om by die skou in te kom en R200 vir die outride.
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: Coetzee Zietsman on February 03, 2012, 08:55:46 am
Hier is die flyer ook.
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: Colyn on February 17, 2012, 08:14:28 am
Wie gaan hierheen ?
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: Colyn on February 17, 2012, 16:47:45 pm
So gaan niemand nie ?
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: WABez on February 17, 2012, 18:40:27 pm
So gaan niemand nie ?

Weet nie van die ander ouens nie, maar ek gaan nie!  O0
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: Coetzee Zietsman on February 22, 2012, 10:07:12 am
Dit is een week voor die Maluti Avontuur en Clocolan is besig om sy vere reg te skud. Die van julle wat nie in die naweek paket belangstel nie, onthou, julle kan ook inskryf as dagbesoekers. Dit kos jou R50 om by die terrein in te kom en dan R200 om aan die roetes deel te neem. Vrydag se roetes vertek om 14:00 vanaf die skougronde en Saterdag om 08:00. Hulle sal ook op GPS beskikbaar wees vir die wat die roetes op hulle eie wil ry.

Skakel gerus vir Sonja en haar span by 051 943 1099 om vir jou slaapplek in Clocolan te bespreek.

Die Avontuur loop saam met die skou, so daar is baie om te doen vir die hele familie.
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: Colyn on February 22, 2012, 10:17:08 am
Gaan iemand vir ons a trip report doen oor die partytjie ?
Title: Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
Post by: Coetzee Zietsman on February 22, 2012, 11:08:35 am
Julle weet mos ek sal 'n trip report doen en fotos opsit. Dit is lekker nat in die Vrystaat, so dit behoort interessant te wees.