Author Topic: RR Molatedi Dam (Zeerust / Madikwe omgewing)  (Read 2584 times)

Offline Faan

  • BIJT Silver
  • *
  • Posts: 1,084
  • elke hond kry sy dag, maar 'n brak 'n langnaweek
RR Molatedi Dam (Zeerust / Madikwe omgewing)
« on: July 03, 2013, 16:27:50 pm »
Okay okay... kom ons praat bietjie oor iets lekker vir 'n slag...  O0

So pak ek en Wifie saterdag die pad aan na Molatedi dam net duskant Madikwe. Ek ken daai omgewing, iemand spesiaal het my aan die plek voorgestel en my leer lief raak vir die bosveld!!!

Vanuit Zeerust vat ons die teerpad rigting Gaborone, na so 60km kry mens Nietverdient (so klein plekkie net 'n stasie en 'n k@khuis omtrent) daar was darm in die vorige bedeling 'n skool waarmee rekening kon gehou word en darm bestaan die kerk nog. Die koshuis het vroeerjare baie kinders gehuisves vanaf Botswana en selfs plaaslike kinders ook (blank natuurlik :-X)

By Nietverdient draai jy regs op die grondpad. Nie 'n slegte pad nie net los sandjies plek-plek maar niks om oor benoud te raak nie. Ek voel-voel nog aan die GS maar ek moet se baie baie stabiel en vreet die sinkplaat pad op soos 'n droom (jy moet natuurlik net vinniger as 80 ry). Verby baie plaashuise wat ek nog goed kan onthou hoe het ons vroer jare saam met my skoonpa daar gejag... die goeie ou dae toe die ou toppie nog geleef het!!! Hy was n legende in die omgewing en daars min mense wat nie vir Willem (Velle) Viljoen geken het nie. Vandaar al die jag geleenthede in daai omgewing.

Na so 40km grondpad is ons by die dam se onderkant. Die dam is baie leeg en die teenwoordigheid van die nuwe SA is baie duidelik! Geboue wat afgebreek word vir die sink en deur- en vensterrame. Om nie eers te praat van die visnette en vanghokke nie... :'( (maar dis mos een van die redes hoekom ek 'n knipmes dra... :-X) Ons het nou wel nie die seekoeie gesien nie maar vars spore wel.

Nog so 8km om na die damwal teenaan Madikwe se draad kry ons die grootvoette sommer teenaan ons en dan besef jy met eens hoekom jy grondpaaie ry... (die paadjie darm nie te erg nie) en as jy eers by die wal kom kan jy sien die boere het nog die plek help bou! Nog toe dit Bophuthatswana was onder beheer van Dr. Lucas Mongope.  Wat 'n uitsig en die Windhoekies word uitgehaal uit die topbox en die gevoel van vrede en rustigheid oorval jou sonder dat jy eers daarvoor vra :) Na 'n klomp trappe is jy bo-op die wal... en wat 'n uitsig!!!!

Toe ons laas hier was het my skoonpa nog geleef en om weer hierdie spesiale plek te kon besoek was baie spesiaal!!! Ons was die enigste mense daar en nie eers n wag by die hek nie... jy stoot die veiligheidshek sommer self oop en gaan in... wie gaan nou 'n biker probeer stop  ;)

Vir die dag het ons so 230km gedoen waarvan so 110km grondpad was. Behalwe vir Wifie se rug wat bietjie seer geraak het was dit'n ongelooflike ervaring gewees! Sal dit weer doen! Hierdie omgewing het ongelooflike grondpaaie met die mooiste natuur!!!

Offline Faan

  • BIJT Silver
  • *
  • Posts: 1,084
  • elke hond kry sy dag, maar 'n brak 'n langnaweek
Re: RR Molatedi Dam (Zeerust / Madikwe omgewing)
« Reply #1 on: July 03, 2013, 16:30:35 pm »
Nog paar fotos...

Offline WABez

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 15,095
Re: RR Molatedi Dam (Zeerust / Madikwe omgewing)
« Reply #2 on: July 03, 2013, 16:33:35 pm »
Baie naais Faan, lekker man lekker!  O0 O0
The liver is evil, it must be punished!

Offline Colyn

  • Shutterbug
  • Administrator
  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 5,484
    • Tripwired
Re: RR Molatedi Dam (Zeerust / Madikwe omgewing)
« Reply #3 on: July 03, 2013, 16:34:48 pm »
Dankie ... lekker gelees.
Tripwired vir lekker Biker klere.
Kyk vêr en laat spat ...

Offline Baardman

  • BIJT Silver
  • *
  • Posts: 1,481
  • Agteros kom ook in die kraal
Re: RR Molatedi Dam (Zeerust / Madikwe omgewing)
« Reply #4 on: July 03, 2013, 16:38:26 pm »
Baie mooi Faan. Ek hou ook van daai gevoel van rustigheid en vrede. 'n Windhoekie daarby is 'n bonus. Baie dankie

Offline Skim

  • 100% BIJT
  • *
  • Posts: 796
  • Wees vry!
Re: RR Molatedi Dam (Zeerust / Madikwe omgewing)
« Reply #5 on: July 03, 2013, 17:20:08 pm »
Dankie vir die vertel en fotos Faan. Lyk of dit 'n baie lekker uitstappie was.  O0 O0 O0

Offline Jakes

  • 100% BIJT
  • *
  • Posts: 695
Re: RR Molatedi Dam (Zeerust / Madikwe omgewing)
« Reply #6 on: July 03, 2013, 17:35:23 pm »
Dis Stunning Faan. Het al GROOT kurpers in Molatedi uitgetrek!
My broer werk ook op 'n lodge binne Madikwe. Pragtige wereld.

Offline NielvN

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 2,826
Re: RR Molatedi Dam (Zeerust / Madikwe omgewing)
« Reply #7 on: July 03, 2013, 19:40:09 pm »
Dankie Faan, baie mooi  O0 O0

Offline Lin3

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,809
Re: RR Molatedi Dam (Zeerust / Madikwe omgewing)
« Reply #8 on: July 03, 2013, 21:38:29 pm »
 O0 O0 O0
Dankie Faan!!!!
Ons ry bike, ander mense spreek sielkundiges.

Offline Gert J

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 3,983
Re: RR Molatedi Dam (Zeerust / Madikwe omgewing)
« Reply #9 on: July 03, 2013, 21:54:57 pm »
Dankie Faan , julle bly in n pragtige omgewing.
Moet nooit ophou droom nie !!

"T Rex" op Wilddogs

Offline Dirk

  • BIJT Silver
  • *
  • Posts: 1,404
Re: RR Molatedi Dam (Zeerust / Madikwe omgewing)
« Reply #10 on: July 04, 2013, 07:01:26 am »
Dankie Faan, lekker gelees. Mooi wêreld daai.  O0 O0 O0

Offline Andre haul.ass

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 5,238
Re: RR Molatedi Dam (Zeerust / Madikwe omgewing)
« Reply #11 on: July 04, 2013, 07:23:15 am »
Ek ry nog saam. ^-^
Not all who wander are lost

Offline Faan

  • BIJT Silver
  • *
  • Posts: 1,084
  • elke hond kry sy dag, maar 'n brak 'n langnaweek
Re: RR Molatedi Dam (Zeerust / Madikwe omgewing)
« Reply #12 on: July 04, 2013, 14:13:47 pm »
Dankie julle bly julle het dit net soos ek geniet! Die omgewing het baie grondpaaie en ek wil hul nog almal gaan ry O0

Ons het die sondag 'n ander dam gaan besoek maar ek sal nog daai RR posit.

(Ja Baardman, Windhoekies is my swakheid...)

Dis Stunning Faan. Het al GROOT kurpers in Molatedi uitgetrek!
My broer werk ook op 'n lodge binne Madikwe. Pragtige wereld.

By watter lodge want ons werk baie met die Madikwe manne, ek probeer reel om met die fietse 'n toer daardeur te reel maar hulle is maar styf

Offline Jakes

  • 100% BIJT
  • *
  • Posts: 695
Re: RR Molatedi Dam (Zeerust / Madikwe omgewing)
« Reply #13 on: July 04, 2013, 15:26:37 pm »
Dankie julle bly julle het dit net soos ek geniet! Die omgewing het baie grondpaaie en ek wil hul nog almal gaan ry O0

Ons het die sondag 'n ander dam gaan besoek maar ek sal nog daai RR posit.

(Ja Baardman, Windhoekies is my swakheid...)

By watter lodge want ons werk baie met die Madikwe manne, ek probeer reel om met die fietse 'n toer daardeur te reel maar hulle is maar styf
Hy's manager by Mateya Safari Lodge.
As jy dit kan regkry, is ek in soos gin.  O0

Offline JJ

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 3,415
Re: RR Molatedi Dam (Zeerust / Madikwe omgewing)
« Reply #14 on: July 04, 2013, 15:37:20 pm »
Mooi Faan.......... O0 O0

Nou is ek ook rustiger.. ;)
Four wheels move the body, two wheels move the soul.