Colyn
Shutterbug
Administrator
Woema Rider
 
Offline
Gender: 
Home: Rhenosterkop
Bike: BMW K1200LT - R1200GS
Posts: 3,022
|
 |
« op: Augustus 17, 2009, 00:58:07 am » |
|
Vannaand se briekmerk gaan heel waarskynlik 'n klomp mense se hare laat orent vlieg en hopelik 'n klomp mense so bietjie laat terugsit en dink.
Ek kan die hele ou storietjie baie wyd en baie breed laat draai maar omdat hierdie a bike plekkie is en ons almal bikers is, gaan ek dit by bikes hou ... alhoewel dit op baie ander plekke ook van toepassing is.
Baie mense hou daarvan om die refrein uit te basuin ... "Ek ry want ek wil ry en ek hou daarvan." ... of ... "Ons is almal een dood skuldig." Hierdie word oor die algemeen uitgeroep wanneer mense jou as biker begin vertel hoe gevaarlik dit is om bike te ry.
Dan is daar nog die Engelse een ... "Let those that ride decide." Hierdie een word gewoonlik aangebied as mense begin praat oor beskermde klere.
Nou kom ek vertel julle bietjie hoe sien ek die dinge ... en glo my vry ek sien dit nie so van lankal af nie, ek sien dit so sedert die oggend toe ek langs my seun gestaan het. Hy het op sy rug in die teerpad gelê en helder rooi, dik bloed het stadig a plas onder hom begin vorm. Ek kon sien hoe sy lewe uitpomp en daar was niks, absoluut niks wat ek daaraan kon doen nie. Ek het gesien hoe sy t-shirt aan flarde om sy maag gedraai was en ek het ook gesien hoe sy bene uit die jean uitgebars het. Verder het ek gesien hoe my oudste seun die jonge se fancy slipons gaan optel het waar dit verspreid in die pad gelê het.
Glo my vry ... as die seun op daardie stadium vir my vertel het ... "Let those that ride decide." ... dan sou ek heelwaarskynlik eksponensieël bygedra het tot sy reeds ernstige beserings. Sy arm was bykans van sy lyf afgeskeur, sy bobeen was verpletter, sy enkel was gebreek, sy hande was nerf af en hy het a paar lelike roasties op sy bolyf gehad. Hy was damn gelukkig ... lyk vir my dat die slag toe hy die trok se bak tref toe vlieg hy hoog in die lug op en kom af soos a sak patats. Tref die pad en bly daar lê. Feitlik niks geskuif nie ... gode sy dank daarvoor anders was hy velloos van sy kop tot by sy tone.
Maar ek het hierdie storie al vertel. Kom ons kom by vannaand se briekmerk. Beskermde klere of ATGATT soos ons dit noem is daar om ons te beskerm maar nie net ons nie. Dis ook daar om die wat naby aan ons is te beskerm. As ons dit dra en ons kom iets oor dan help die klere om ons beserings te verminder en selfs ons lewens te red. So bykans 'n jaar terug het ek geval en dit was by die genade nie 'n hoë spoed val nie maar ek is oortuig daarvan dat as ek nie so goed aangetrek was nie dan kon dit hel serious gewees het. Ja toenou, ek weet ek het net a riding jean aangehad en daarom het my knie erg deurgeloop maar al het ek kneepads aangehad sou die manier waarop ek die klip getref het met my knie nogsteeds nie die heup besering verander het nie.
Elke keer as een van ons val dan loop ons famile en vriende onder die gevolge van ons val deur. Hulle moet ons versorg en hulle moet met ons sukkel terwyl ons gebreek en verfrommel is. Hulle moet help om ons geknakte sielle weer reguit te maak en hulle moet ons hande vat en ons uit die dryfsand van depressie of selfbejammering uit trek. Al die dinge moet hulle doen en hulle doen dit omdat hulle vir ons lief is ... anders sou hulle ons net daar in die pad laat lê het om te vrek en deur die aasdiere weggedra te word. Jig ... dit klink woes maar dis tog eintlik die waarheid. Ons blixem neer en sit hulle deur die paces.
Nouja ek dink dis seker regverdig om dan te sê dat as ons nie ons klere aantrek as ons gaan ry nie dan is ons mos nie onverantwoordelik nie ... NEE ... ons is bloody selfsugtig want ons stel die naby aan ons bloot aan psigiese trauma, stel hulle bloot aan die berowing van hulle tyd en dit alles doen ons terwyl die rympie ... "Let those that ride decide." ... in ons koppe draai. Koppe wat eintlik nie met deuntjies dreun nie maar net sommer plein RAAS. Ek dink dis donners selfsugtig. As jy kaalgat wil ry, skei jou vrou, laat jou kinders aanneem en jaag al jou vriende en familie weg en dan gaan neuk jy kaalgat op jou bike rond. As jy een greintjie selfrespek het, een druppeltjie erkenning en waardering vir jou familie en vriende se liefde vir jou het dan sal jy nie kaalgat op jou bike klim nie en sal jy "DECIDE" om reg aan te trek.
Kom ons gaan verder ...
Almal van ons weet bikes is bloody gevaarlik want as jy simpel raak met die throttle kan dinge moer vinnig hel verkeerd loop. Kom ons kyk na 'n ander deel van ons gemeenskap. Die wat so bitter graag Rossi wil wees. Jy sien hulle orals waar bikers bymekaar kom. Stywe leerpakkies, knopstaan knie beskerming, tripple rek kidney belts, full racing boots en gloves. Vuurwarm sport fiets en een of ander nekdoek of kopdoek wat uitbassuin dat hierdie rider "woes" is. Ek sien baie van hulle by Woodsman. Vol bravade en baie vocal oor wat hulle alles met die "22" gaan doen.
Petrol op hierdie mense vuur is die feit dat hulle so nou en dan die voorreg het om een of ander "legend" te sien sleep deur die "22" teen 'n spoed wat way beyond ons Rossie se vermoëns is maar dit is nie belangrik nie. Ons Rossi het mos nou al so twee of drie Trackdays bygewoon en my maat hy gaan daai "22" laat les op sê as hy sy bier klaar gedrink het.
Ons Rossi is gewoonlik 'n pa, 'n man en 'n baas want hierdie bike ding is mos 'n duur storie. Nouja, menigmaal is baie van sy verantwoordelikhede saam hier in die Laeveld met hulle motor en hulle is gedwonge sy pitcrew en sommer die cheerleaders en fans ook. Sou jy hulle egter eenkant toe neem en mooi uitvra dan sal jy dadelik die kommer, angs en koue vrees in hulle oë sien. Maar luister vir my, onse Rossi weet niks hiervan nie want hy is verswelg in sy droomwêreld en interpreteer hulle angs as aanbidding. Sot ... al wat dit alles werklik is ... pure SELFSUG aan sy kant.
Kort voor lank mis hy 'n draai, wetter teen a boom of rots vas en eindig op as bebloede, verwonge mens in 'n aaklige verskeurde leerpakkie. Sy familie en vriende staan verslae en verpletter om dit wat eens hy was en die rou snikke en histeriese gille galm deur die klowe. Hy is klaar maar hulle hel begin nou eers.
Kyk dit is seker nie mooi om dinge so te beskryf nie maar met eentonige reelmaat gaan mense op bikes dood hier in die Laeveld. Naweek na naweek dieselfde Rossi stories. Dan die volgende week sien jy die posts opspring op die forums. Almal wat hom geken het is geskok en menige pos gedwonge mooi woorde net om polities korrek te wees. Ons lees menige maal dat Rossi so goeie rider was met baie track ondervinding en dat hy absoluut a fantastiese man was. Jy weet wat ... dit alles mag dalk waar wees maar niemand het die guts om te sê wat gesê moet word nie ... Rossi was onverantwoordelik en plein SELFSUGTIG. Sonder om ag te slaan op die gevare en gevolge vir sy familie en vriende het hy homself in sy moer in gaan jaag op a publieke pad en nou sit hulle met die gebakte pere en hy is salig onbewus van al hulle smart.
Laat ek dit net mooi duidelik maak ... ek weet ongelukke gebeur en ek het al van hulle gesien maar 90% van die ballsups hier in die Laeveld is nie regtig ongelukke nie ... dis roekeloosheid, selfsugtige windgat speletjies wat skeefloop.
Ek wonder of onse Rossi se laaste gedagtes "Ek is een dood skuldig." is ?
Na Wiehann se val het ek een Saterdag oggend my GT gevat en Sabie toe gery. Ek het gery soos ek gewoonlik ry en hoe langer ek in die saal was hoe wilder het dit gegaan want ek ken die paaie en ek ken die bike. Ek is deur die "22" af en oor Blue Mountain terug huistoe. In my garage het ek lank na die blink geskuurde center stand staan en kyk en toe daal daar so snaakse koudheid oor my neer. Daai volgende week is die GT weg na Hochland toe ... en nou staan daar 'n GS in sy plekkie in my garage. Daardie GT was nou net eenmaal te gewillig om te hol en ek was nie regtig instaat om hom in bedwang te hou nie. Terwille van my eie veiligheid en my famile se toekoms het ek besef die GT moet gaan en ek het hom gegroet en weggestap. So maand of wat later het ek my nuwe LT gekry en vandag, sowat 'n jaar later is beide die LT en die GS se onderstelle nog ongeskonde en ek gaan dit so hou. Ek ry baie stadiger as wat ek kan en dit pla my nie. So tydjie gelede kom ek om 'n draai en 'n trok staan doodstil met a klomp pale wat agter afgeval het. Ek het net saggies gefluit, regs geswenk en my kop geskud terwyl ek by die trok verbyglip. 'n Jaar terug sou ek heelwaarskynlik 'n paal of twee en moontlik a moerse stuk van daai trok deur my lyf gekry het.
Nouja ... dis dit ... sit so rukkie en dink mooi ... as jy 'n ervare biker is dan is dit verseker so dat al daai ondervinding jou 'n beter kans op oorlewing gaan gee en veral as jy die Rossi ding uit jou sisteem uithaal en ry om te leef en die ryery te geniet. Los die jagery vir die baan waar daar plek is vir foute.
Onverantwoordelik of plein selfsugtig ... besluit self ... albei is in elkgeval ewe sleg vir jou geliefdes.
|
|
|
|
« Last Edit: Augustus 17, 2009, 01:09:27 am deur Colyn »
|
Logged
|
|
|
|
Cassie
Blonde Blits
Woema Rider
 
Online
Gender: 
Home: Pretoria
Bike: GSX-R600
Posts: 13,551
Lewe begin by 60..... grade vanaf vertikaal.
|
 |
« Antwoord #1 op: Augustus 17, 2009, 08:56:56 am » |
|
Roerende storie Colyn......  Bert, (oom Bert vir my), het saam met sy familie en vriende gaan 'speel' in ET soos wat meeste bikers maar doen.... Hy het glad nie gedrink by die Woodsman nie...... hy is glad nie 'n ' show off' nie, en hy het glad nie gejaag op die "22" nie, want hy het agter Natalie en haar ma gery wat elkeen op hul eie fietse was en die girls kan natuurlik nie so goed en vinnig soos hy ry nie. Dit was glad NIE 'n saak van: "Ek moet nou 'n punt bewys aan my buddies nie"..... Ek is nog nie 100% seker hoe hy presies geval het nie, behalwe dat hy 'n draai 'verloor' het, die detail sal later uitkom sodra ek voel my vriendin is genoeg getroos en dat die ergste hartseer verby is. Vir nou vra ek nie veel vrae nie, ek sorg net dat sy kalm is. Toe ek Saterdagmiddag met haar gepraat het, nadat hulle haar probeer kalmeer het, het sy heeltyd vir my gesê sy's jammer...... Ek het haar probeer verduidelik dat niks haar skuld is nie....... en dat ongelukke gebeur..... Sy't nog stééds aangehou om te sê sy's jammer..... Want ek het haar blerrie mooi laat verstaan dat hulle die gejaag vir die baan moet hou! Sy't net gesê hulle het nie gejaag nie...... Ons weet nie wat het deur sy kop gegaan terwyl hy agter sy dogter en vroulief aangery het nie.....  Ons weet nie hoekom gebeur ongelukke met wonderlike, liefdevolle, nederige mense nie......  Ongelukke gebeur.......
|
|
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Colyn
Shutterbug
Administrator
Woema Rider
 
Offline
Gender: 
Home: Rhenosterkop
Bike: BMW K1200LT - R1200GS
Posts: 3,022
|
 |
« Antwoord #2 op: Augustus 17, 2009, 09:11:05 am » |
|
Wel Cassie die punt van hierdie briekmerk gaan regtig oor hoe ons ondeurdagte wildheid die mense naaste aan ons affekteer. Ons val maar hulle suffer. Miskien is dit tyd dat ons begin om meer aan hulle te din as ons ry en veral as ons wil staan en simpel raak. Toe ek Saterdagmiddag met haar gepraat het, nadat hulle haar probeer kalmeer het, het sy heeltyd vir my gesê sy's jammer.... Jy sê dit self ... hy het verongeluk maar kyk nou waar sit die meisiekind. Hoekom sal ons miskien nooit weet nie maar sy gaan struggle. Ek dink net ons spring te maklik in die saal sonder om vir een oomblik mooi te dink wie gaan almal betrokke raak as ons val nie.
|
|
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Jubs
Nuuskierig
Offline
Home: Gradely Farm
Bike: BMW 650GS
Posts: 22
|
 |
« Antwoord #3 op: Augustus 17, 2009, 09:11:45 am » |
|
Jy is besig om te besin oor sekere waardestelsels Colyn.
Goed gebeur in 'n mens se lewe en soms gebeur dit dat 'n mens stil sit en nadink daaroor. Miskien leer jy iets daardeur. Miskien gebeur die nadink eers lank na die gebeurtenis...
Wat het geword van "Jy moet jou naaste lief hê soos jouself"? Soms het ons, onself nie baie lief nie en is ons nie bereid om te leer en te groei nie. Daarvoor is ons soms te lui...
|
|
|
|
|
Logged
|
"Sometimes I think I understand everything, then I regain consciousness"
|
|
|
TC
Woema Rider
  
Online
Gender: 
Home: Pretoria
Posts: 5,097
BMW1200GSA, 1050 Speed Triple en Scooter
|
 |
« Antwoord #4 op: Augustus 17, 2009, 09:22:17 am » |
|
Colyn ek hoor presies wat jy se en dit is 100% waar....... MAAR ek wil nie bike ry, valskerm spring , bungy jump, oor n straat loop , op n vliegtuig klim, op die N1 met n kar ry en die heel tyd dink ek mag nie iets oorkom nie want ek het naasbestaandes wat geafekteer gaan word daarmee nie.
Ek's baie skuldig oor die goeters wat jy in jou post noem, ek toets baie keer die noodlot en gaan 10 teen 1 weer dit die naweek doen as ek in ET is......
Ek ry bike omdat dit n deel van my lewenstyl is waarsonder ek nie wil wees nie...... My broer is dood aan bloedkanker op 43, my beste vriend is dood op die grens..... en so gaan baie mense dood daagliks van verskeie goed kar ongelukke ens......
Almal wil hemel toe gaan maar nie vandag nie........ Almal moet een of ander tyd doodgaan en dit affekteer almal om hulle, my Pa is na n lang siekbed 2 jaar terug dood op 76 en dit het my nog steeds baie geaffekteer.....
Ek voel adrenalien en bike ry is twee goed wat hand aan hand saamgaan...... en party goed het jy geen beheer oor nie...... Ja daar gaan baie mense dood in ET naweke maar net so in Gauteng gaan daar baie mense dood in karre ens....
Ek hoor wat jy se maar ek geniet my bike ry en veral ET en ek voel nie dit is selfsugtig nie want as my Geliefdes moet iets oorkom sal ek net so na hulle kyk as wat hulle na my sal kyk as iets my moet oorkom.........
Miskien druk ek myself nie reg uit nie maar nou ja.......
|
|
|
|
« Last Edit: Augustus 17, 2009, 09:24:45 am deur TC »
|
Logged
|
As my gat jeuk krap ek hom met my bikes se seat.........
|
|
|
Colyn
Shutterbug
Administrator
Woema Rider
 
Offline
Gender: 
Home: Rhenosterkop
Bike: BMW K1200LT - R1200GS
Posts: 3,022
|
 |
« Antwoord #5 op: Augustus 17, 2009, 10:06:12 am » |
|
TC ek verstaan presies wat jy probeer sê maar my gevoel is dit ... oor jare heen het baie van ons waardevolle ondervinding opgedoen om van ons beter ryers te maak. Ons het onself stelselmatig gepush na nuwe levels toe en die mes se lem al skerper gemaak. Dit veroorsaak dat ons meer en meer moet doen om dieselfde thrill te kry. Miskien moet ons vir onsself sê ...
"Ok dis nou genoeg ... dis vir my lekker om te ry en ek wil nog vir a lang tyd ry."
Kapitaliseer nou op jou belegging in jou skill set en leef op die rente. Ry binne jou gemaksgebied en miskien bietjie laer ... hou vir jouself a handvol reserwes in pag en ry met die wete dat jy ruimte vir systappe het.
Moenie vir een oomblik dink ek wil hê dat ons nou soos ou toppies op Vespas moet aankarring nie maar al wat ek dink is dat ons miskien net so bietjie meer aan die rondom en naby ons dink en ruimte los vir hulle gemoedsrus. By all means gaan jy nog so dan en wan a lekker sleep deur die Outenikwas vat of a blitsige topend ervaar maar dis daar en wanneer jy al die opsies deurkyk en werklik gerus voel oor die tyd en plek. Te veel keer storm ons a draai blindelings in met die wete as daar iets in die pad sou wees is ons in elkgeval moerland toe maar nogtans hamer ons die fiets.
|
|
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Strawbs
Verslaaf

Offline
Gender: 
Home: Kensington
Bike: GSXR750 2005 Anniversary Ed
Posts: 466
|
 |
« Antwoord #6 op: Augustus 17, 2009, 10:47:14 am » |
|
Colyn....ek dink ek weet wat se jy... Vandat my seuntjie Joe gebore is...is ek nie n ou tannie op die bike nie...maar as ek die "limits push" dan dink ek twee keer...en ek weet die "throttle" hand dink saam.... Ek is Ma en wil nie he my seuntjie moet sonder my groot word nie... dis nie te se ek gaan altyd daar wees nie...maar hoe ek my bike ry is my besluit en ek probeer regop bly!!
|
|
|
|
|
Logged
|
Butts on Bikes are cool!
|
|
|
Cobus
Woema Gold
Offline
Gender: 
Home: Witrivier
Bike: BMW R 1200 GS
Posts: 1,970
|
 |
« Antwoord #7 op: Augustus 17, 2009, 13:20:14 pm » |
|
Sjoe ernstig en filosofies is ons vandag.......maar dis nodig om soms stil te staan en te reflekteer oor wat ons doen , of gedoen het. Ja ek stem saam, hier is twee "issues". 1) Dra die regte klere, moenie kanse vat nie. 2) Daar is n baie fyn lyn tussen selfvertroue en windgat. Al wat ek wil se, as jy die dag die pat vat teen die spoed van lig, en die draaie kom nader....vra gerus jouself. Is ek nou windgat, of ken ek die pad en het genoeg vertroue om heel anderkant uit te kom. Wat my baie keer help as ek "carried away" raak is...ek se WHAT IF?  voor n draai of in verkeer.Dit hou jou op jou tone.
|
|
|
|
|
Logged
|
Don't drive faster than your guardian angels can fly!!!
|
|
|
ninja1
Vasgevang
Offline
Gender: 
Home: Clubview
Bike: zx14
Posts: 143
|
 |
« Antwoord #8 op: Augustus 17, 2009, 15:25:17 pm » |
|
Ek het die hele klets ordentlik gelees, en ek dink die klets is waarde toevoeging op sy beste. Wel dit laat my ook anders dink. 
|
|
|
|
|
Logged
|
|
|
|
TC
Woema Rider
  
Online
Gender: 
Home: Pretoria
Posts: 5,097
BMW1200GSA, 1050 Speed Triple en Scooter
|
 |
« Antwoord #9 op: Augustus 17, 2009, 15:27:31 pm » |
|
Ek sal hieraan dink as ek die naweek in ET is ........ 
|
|
|
|
|
Logged
|
As my gat jeuk krap ek hom met my bikes se seat.........
|
|
|
GoFast
Woema Rider
 
Online
Gender: 
Home: Richardsbaai
Bike: Suzuki GSX650F
Posts: 7,081
Die "F" is vir FUN!
|
 |
« Antwoord #10 op: Augustus 17, 2009, 15:29:06 pm » |
|
My swaer ry asof iets hom jaag. Daai mannetjie dink nie wat gaan gebeur as hy dood verongeluk nie. Sy seun is nou maar 11 maande.  En my suster gaan nie alleen kan klaarkom nie.
|
|
|
|
|
Logged
|
There is no spoon.
|
|
|
K1300S
Woema Rider
Offline
Gender: 
Home: Waar Ek My Hoed Hang
Bike: BMW K1300S
Posts: 3,402
|
 |
« Antwoord #11 op: Augustus 17, 2009, 15:33:08 pm » |
|
Ek ry elke dag van my lewe omdat ek dit geniet en omdat ek moet... Elke keer as ek op my bike klim dan besef ek dat ek myself bloot stel aan baie gevare... Maar ek moet daai "Risk manage" na beste van my vermoens en ervaaring.. Ek ry NOOIT vinniger deur 'n draai as 60% van my vermoe want ek verwag altyd daai trok, Diesel Kol of sand wat in die draai le en wag.. Noem my maar Bang Jan maar eerder dit as Dooie Jan...  Ek is altyd ekstra versigtig op die pad want ondervinding het my harde lesse laat leer...
|
|
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Gatskuur
Kuiergas
Offline
Gender: 
Home: Krugersdorp
Bike: Kawasaki ZZR1100
Posts: 60
Wanneer ry ons ?
|
 |
« Antwoord #12 op: Augustus 17, 2009, 15:50:41 pm » |
|
Ek is altyd ekstra versigtig op die pad want ondervinding het my harde lesse laat leer...
Dis jammer dat party mense se eerste les ook hulle laaste is. In die laaste 5 jaar was ek nie in 'n ongeluk nie {touch wood} maar van my duurder lesse gee my vandag nog moeilikheid. My knieg weet 3 dae vooruit of dit gaan reen, my gewrig is partykeer so styf ek moet my hele arm gebruik om die throttle te draai, my rug laat my nie toe om plat op die vloer te le nie, ek het meer keramiek as been in my mond, en so kan ek aangaan. Dit het my nie laat ophou ry nie, en die spoedgrens is steeds net 'n bordjie op 'n paal, maar daai stemmetjie hier agter in my kop praat baie harder as jare gelede.. Ek dink die heel belangrikste ding is om nie te probeer soos iemand anders ry nie. Dit maak regtig nie saak wie kom eerste en wie kom laaste by 'n plek aan nie, behalwe as jy track doen. Moenie ander mense probeer bang ry nie - as iets gebeur gaan hulle net skrik, maar jy kan dood wees. Dis baie lekkerder as jy weet dat jy weet jy gaan more en die volgende dag weer kan ry.
|
|
|
|
|
Logged
|
Ek is hier  en jou ander 2 wense is ... 
|
|
|
Big Bear
100% Woema
Offline
Gender: 
Home: Kempton Park
Bike: Ducati Monster 696-GESTEEL!!
Posts: 622
|
 |
« Antwoord #13 op: Augustus 17, 2009, 15:56:36 pm » |
|
Elke keer as ek iets simpel wil aanjaag dink aan my laaitie, wat dalk die lewe met Stefaans as sy peet pa moet deurmaak dan ry ek sommer weer stadiger 
|
|
|
|
|
Logged
|
n Eekoring is n rot met n goeie pr bestuurder
|
|
|
Stefaans
100% Woema
Offline
Gender: 
Home: Kempton Park
Bike: Harley Davidson V Rod
Posts: 542
Leef dit, Lief dit en ry dit!
|
 |
« Antwoord #14 op: Augustus 17, 2009, 16:58:15 pm » |
|
Elke keer as ek iets simpel wil aanjaag dink aan my laaitie, wat dalk die lewe met Stefaans as sy peet pa moet deurmaak dan ry ek sommer weer stadiger Mmmmm Dankie hoor.... Onthou net, jy hoef nie van 'n baaik af te donner om te bloei nie!
|
|
|
|
|
Logged
|
Swaartekrag is 'n mite.... die aarde suig!
|
|
|
|