Author Topic: N2 van Durban tot Kaap  (Read 1391 times)

Oryx

  • Guest
N2 van Durban tot Kaap
« on: August 06, 2013, 08:46:55 am »
More al die mense.   ^-^  Ek en Estelle gaan Des af Hermanus toe met die bikes. Ons gaan so drie dae afry. Wil soo twee nagte oorbly in ooskus.  Maar my vraag is. Die roette deur die ou transkei Die N2. Hoe gevaarlik is die pad? Is dit die moeitewerd om so om te ry. Is die pad mooi ? Moet mens stadig ry ? Reken daar sal seker baie diere in die pad wees  :-\  of watter ander roetes stel julle voor. Nie grondpad nie. Ek gaan nie vir Estelle op die grondpad kry nie   :2f

Offline Colyn

  • Shutterbug
  • Administrator
  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 5,484
    • Tripwired
Re: N2 van Durban tot Kaap
« Reply #1 on: August 06, 2013, 09:23:13 am »
Van waar af ry jy ... Gauteng ?
Tripwired vir lekker Biker klere.
Kyk vêr en laat spat ...

Offline Boetie

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,175
Re: N2 van Durban tot Kaap
« Reply #2 on: August 06, 2013, 09:58:56 am »
Transkei pad is ok. Moet dit net glad nie in die nag ry nie.

Hulle werk al lank aan daai pad, so daar is stukke wat nuut is, en ook stukke wat Stop en Go het.

Maar jy kan hom ry, geen probleem.

Dink net mooi vir ander verkeer, daai mense het hulle eie reels, en sperstrepe en dinge bestaan nie daar nie.

Maar dis n mooi pad, en mooi wereld daai  O0
KTM 1290 SD-GT
KTM 1290 SA-R

Oryx

  • Guest
Re: N2 van Durban tot Kaap
« Reply #3 on: August 06, 2013, 21:04:18 pm »
 :-\MeNse hier in Gautegeleng het ook maar hulle eie reels ^-^  ^-^  jip ry van Roodepoort af. Dankie vir die goeie raad em hulp Boetie. Dink ons sal maar daai pad ry

Offline NielvN

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 2,826
Re: N2 van Durban tot Kaap
« Reply #4 on: August 06, 2013, 21:35:53 pm »
:-\MeNse hier in Gautegeleng het ook maar hulle eie reels ^-^  ^-^  jip ry van Roodepoort af. Dankie vir die goeie raad em hulp Boetie. Dink ons sal maar daai pad ry

Ek het hom so jaar terug gery, hulle het daai stop en go's geignoreer, op n stadium was ek in die veld om die aankommende karre te vermy. Maar pad lyk goed, behalwe waar jy deur dorpe ry.

Offline Boetie

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,175
Re: N2 van Durban tot Kaap
« Reply #5 on: August 06, 2013, 23:55:09 pm »
Die klein dorpies op daai pad is n nagmerrie verseker ja.

Goue reel.

Moenie in die nag daar ry nie.
Moenie bargain om daar iewers te slaap nie.

As jy Kokstad verby gaan, is jou eerste slaap plek Oos LOndon en klaar.

Maklik doenbaar, dis nie sover nie.

Net n headsup  O0
KTM 1290 SD-GT
KTM 1290 SA-R

Offline Lin3

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,810
Re: N2 van Durban tot Kaap
« Reply #6 on: August 07, 2013, 06:18:13 am »
En stop by daardie fênsie hotel by die Keirivier.  Een keer lank gelede daar die wonnerlikste sjokeladekoek geëet.  Soe water my bek nou sommer weer.
Ons ry bike, ander mense spreek sielkundiges.

Offline NielvN

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 2,826
Re: N2 van Durban tot Kaap
« Reply #7 on: August 07, 2013, 19:03:57 pm »
Ek het hom so jaar terug gery, hulle het daai stop en go's geignoreer, op n stadium was ek in die veld om die aankommende karre te vermy. Maar pad lyk goed, behalwe waar jy deur dorpe ry.

Net duskant Oos Londen is Kei mond, Morgansbaai Haga Haga en Cintsa, Kafanie, deur Morgansbaai is die mooiste natuurreservaat, so 5km grondpad as jy deur dorp ry en suid wes draai, Double Mouth, mens maak n fout as jy daar deur ry en dit nie gaan kyk nie.