Author Topic: Nizamiye  (Read 1141 times)

Offline Ignoramus

  • BIJT Silver
  • *
  • Posts: 1,436
Nizamiye
« on: November 18, 2013, 12:31:50 pm »
As vryheid van geloof beteken dat jy elkeen met ‘n siel die vergunning moet gee  om sy eie geloof na te streef, onafhanklik en VRY, sonder dat ander siele daardeur skade aangedoen word, dan is dit wat ons ervaar het Sondag by die Nizamiye Moslem tempel in Midrand.

Hierdie is ’n Turkse moslem tempel, gebou en finansier deur een person (Ali Katircioglu - gaan lees gerus die “link” hieronder), en die kompleks bestaan uit ‘n groot tempel, kantore, onthaalareas, winkels, en selfs ‘n skool vir 800 leerders.

Weens ons nuuskierige aard, het ek en ‘n klomp vriende dit Sondag gaan besoek. En was aangenaam verras met die gulhartige ontvangs en die gasvryheid (heerlike tee, turkse swieties) terwyl ons vertel is hoe die tempel ontstaan het.

Daarna is ons begelei deur die tempel, en ons kon orals foto’s neem, en het nooit die indruk gekry dat ons eintlik, as calviniste, onwelkom is nie.

Die toergids kom van Turkeye af, maar is al geruime tyd in die land. Hy praat pragtige Engels, en het al ons vrae sonder aarseling geantwoord. Ons het ‘n hele ruk gestaan en luister hoe die Koran opgesê word in die aanbiddingsdeel van die tempel (daardie sing / praat wat so kenmerkend is van ‘n moslem tempel), en het lank tussen die prente en skilderye van Istanbul en Turkeie deurgestap.   Die tempel is modern, maar gebaseer op ‘n tempel in Istanbul, net 25 % kleiner. Die blou teëls lyk aanvanklik snaaks, maar die geheelbeeld baie pragtig. Die koepeldakke binne is met die hand geverf...

Op ‘n vraag van “Hoeveel het die hele ding gekos” – was die antwoord dat “mens nie jou geld tel wanneer jy iets vir God doen nie”.  Mmmm, dis ‘n antwoord waarby almal kan baat vind.

Die Turkse restaurant op die kompleks is reeds oop, so ook verskeie ander klein winkeltjies. Die coffee shop met sy turkse gebak sal en van die dae oop wees.  ‘n Lekker biker venue dus…

http://www.muslim.co.za/masjids/nizamiye_turkish_masjid




ek is  moeg vir bullshit *beesmis :)

Offline Ignoramus

  • BIJT Silver
  • *
  • Posts: 1,436
Re: Nizamiye
« Reply #1 on: November 18, 2013, 12:32:41 pm »
Nog so paar pics
ek is  moeg vir bullshit *beesmis :)

Offline Ignoramus

  • BIJT Silver
  • *
  • Posts: 1,436
Re: Nizamiye
« Reply #2 on: November 18, 2013, 12:33:51 pm »
En nog...
ek is  moeg vir bullshit *beesmis :)

Offline Lin3

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,809
Re: Nizamiye
« Reply #3 on: November 18, 2013, 14:41:08 pm »
Dis 'n pragtige plek (moskee man Callie hehehehe)
En dis waar, die antwoord op hoeveel die plek gekos het. ons is soms baie suinig met onse rande en sente en nog meer met ons tyd.
Ons ry bike, ander mense spreek sielkundiges.

Offline Andre haul.ass

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 5,238
Re: Nizamiye
« Reply #4 on: November 18, 2013, 14:43:36 pm »
Pragtige plek vir die 'religion of peace' daar by julle.
Not all who wander are lost

Offline Boetie

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,175
Re: Nizamiye
« Reply #5 on: November 18, 2013, 16:02:29 pm »
Netjiese fotos, en dankie vd storie vertel  O0
KTM 1290 SD-GT
KTM 1290 SA-R

Offline NielvN

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 2,826
Re: Nizamiye
« Reply #6 on: November 18, 2013, 20:28:19 pm »
Dankie vir die storie, ek het in turkye in n koppies van die topkappie palleis gebly.

My ondervinding van die turke was dat hulle eintlik n baie vriendelike Ansie is, die wat my gepla het was die indruk dat die ander europieers erg ne'er kyk op die turke.