Author Topic: My Fiets - Feb  (Read 1192 times)

Offline Joe

  • 100% BIJT
  • *
  • Posts: 917
My Fiets - Feb
« on: March 04, 2014, 20:28:21 pm »
Vanaand kom ek redelik moeg tuis, en toe gaan die krag af. Kos is gelukkig gereed, maar wat nou? Geniet die stilte met n lekker Jack, trek toe iPad nader. Gelukkig n epos dat die nuwe uitgawe beskikbaar is. Laai onmiddelik af, gooi n dop en begin lees :-)

Weereens n lekker uitgawe, geluk! As ek MOET kerm en kla sal ek vir die trailer adverteerder se om die datums op sy advertensie reg te maak ...

Elk geval, die KTM padtoetse het my laat wonder oor n 2de fiets. Baie mense koop double cab bakkies want dit kan sleep, trek, vullis verwyder, gesin rondry en nog n paar dinge doen. Dis miskien soos om n duallie te koop. Jy toer, ry vinnig, kan SWAMBO n lift gee etc.

Maar ek hou van my K1200s. Weet nie of dit n sport toer fiets is of watter kategorie dit is nie. Punt is ek ry Dan en wan werk toe, maar sit nou en dink ek moet n fiets kry om meer gereeld werk toe te ry. Se maar 3 dae per week vir waneer ek NIE wil natreen of so nie. Ek kan dit doen omdat fiets lekkerder is as kar. Maar se nou en wil dit goedkoper doen, soos die KTM artikels? Die BMW is redelik duur, ek kry so 17km/l as ek reg onthou, diens elke 10k km en bands hou nie lank nie -- so dis nie goed koop nie.

My vraag is dus watter commuter om te koop. Vir n kollega by die werk het ek gese n Honda 700 ( nou die 750). Dit werk soos n bom vir hom, maar hy het net 1 fiets (en n dubbel cab bakkie). Maar as ek reeds n lekker vinnige fiets het vir die langpad met tasse etc, watter commuter is dan die beste? KTM390? Of kort ek n duallie om die Beemer aan te vul?

Ek dink ons kort n artikel oor die beste kombinasie van fietse, maw watter 2 vul mekaar die beste aan. Ek vermoed daar is nie n antwoord nie, maar Rehann sal n opinie het :-)
"Ek is nou so lui ek trou sommer 'n pregnant vrou."

Offline Gert J

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 3,983
Re: My Fiets - Feb
« Reply #1 on: March 04, 2014, 21:10:19 pm »
Joe , ek sê nog steeds .... Koop n proper DS fiets .... Soos n 1200 GS / GSA jy  , dit is soos n Hilux of Fotuna??, nie noodwendig beste , vinnigste , ligste nie .....

Maar jy kan Baie goed met hom doen ... Hy ry net so gemaklik soos n Toerfiets , doen die draaie soos n sportfiets en vat die grond as dit nodig is.

Terug na die tydskrif ..... Soos altyd n wenner ! O0
Moet nooit ophou droom nie !!

"T Rex" op Wilddogs

Offline Dirk

  • BIJT Silver
  • *
  • Posts: 1,404
Re: My Fiets - Feb
« Reply #2 on: March 05, 2014, 07:56:45 am »
Weereens baie lekker gelees, dankie Rèhaan.  O0 O0 O0

Offline Joe

  • 100% BIJT
  • *
  • Posts: 917
Re: My Fiets - Feb
« Reply #3 on: March 05, 2014, 20:01:21 pm »
Ek hoor jou Gert maar ek is happy met die K, so dink nou aan ietsie om langsaan te parkeer. Sal wag tot die jeuk oor waai !'
"Ek is nou so lui ek trou sommer 'n pregnant vrou."

Offline Gert J

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 3,983
Re: My Fiets - Feb
« Reply #4 on: March 05, 2014, 21:30:05 pm »
Ek hoor jou Gert maar ek is happy met die K, so dink nou aan ietsie om langsaan te parkeer. Sal wag tot die jeuk oor waai !'

Ek verstaan ..... N fiets raak alleen so in die Garage !
Moet nooit ophou droom nie !!

"T Rex" op Wilddogs

Offline Faan

  • BIJT Silver
  • *
  • Posts: 1,084
  • elke hond kry sy dag, maar 'n brak 'n langnaweek
Re: My Fiets - Feb
« Reply #5 on: March 06, 2014, 12:55:21 pm »

As jy nie te veel omgee vir petrol nie en bietjie holigan fiets soek, KTM 690 enduro.

Dis nou lekker speel op sy beste daai!!!  O0 O0