Author Topic: Hallo almal!  (Read 6427 times)

Offline Hillman

  • Kuiergas
  • *
  • Posts: 107
Hallo almal!
« on: September 02, 2015, 23:05:21 PM »
Hallo julle, ek het ook nou die forum ontdek van n skakel via WD's
Lekker om te sien ons MAG maar bietjie Afrikaans praat iewers  :)
medic van beroep (vryskut) en ry n Transalp 650.
Ek is meer n padfiets man al die jare gewees, en steeds my eerste liefde as dit kom by keuse.
DS fiets was maar net n winskoop, ek was n bietjie platsak en die Alp se prys was reg en daar V engine klop darem lekker met n Scorch exaust!

Ek verstaan van sweis, en het redelik meganiese agtergrond. Hoop ek kan n positiewe bydrae maak en saam kuier en ook leer O0

Offline HermanH

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,151
Re: Hallo almal!
« Reply #1 on: September 03, 2015, 06:08:46 AM »
Welkom hier. Ek is seker ja gaan dit geniet oppas net vir so paar ouens hier hulle is maar stout..... O0 O0

Ek wil nou nie name noem nie, maar ek sien die mense sê WABez is stout....  :2f :2f :2f en hy ry nie sy bike veel nie....  :2f :2f :2f

Offline WABez

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 15,098
Re: Hallo almal!
« Reply #2 on: September 03, 2015, 06:46:01 AM »
Hillman, baie hartlike BIJT welkom hier (die Antie [se boude] gaan my seker nou weer roer omdat ek haar voorgespring het). Ek glo ook jy gaan dit geniet, 'n spul naais mense hier.  O0

Jy moet sommer opslag nie alles glo wat jy hoor, ek bedoel lees nie, ek hoor ook storietjies maar ek kan jou verseker ek is 'n man van oorkant die kerk, baie skaam, erg teruggetrokke en woes op my plek.  O0 ;c;  (ek drink NET koffie)!  O0

En die storietjies oor die baaik is ook bollie, ek ry net nie so baie saam met die naais mense nie, omdat ek maar so skaam en teruggetrokke is.  8) :(
« Last Edit: September 03, 2015, 06:47:53 AM by WABez »
The liver is evil, it must be punished!

Offline Oupa Manie

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,389
Re: Hallo almal!
« Reply #3 on: September 03, 2015, 07:53:05 AM »

Ek verstaan van sweis, en het redelik meganiese agtergrond. Hoop ek kan n positiewe bydrae maak en saam kuier en ook leer O0
Welkom!

Dis goed dat jy verstaan van sweis. Hier is 'n paar ander ouens wat verstaan van hamer en beitel en 'n klomp wat verstaan van spyker maar niemand kan eintlik sweis nie behalwe Andrè en hy is in Texas....

Offline Matewis

  • 100% BIJT
  • *
  • Posts: 549
  • Live today, tomorrow is promised to no-one
Re: Hallo almal!
« Reply #4 on: September 03, 2015, 08:53:59 AM »
Welkom Heuwelman, pure plaas! Moet net nie saam met Wabez gaan vir 'n dop nie. Jy slaap dalk oor daar! Hahahahaha jy sal dit geniet hier. Gooi daar 'n kiekie van jou ysterperd!
“Don’t go where the path my lead…  Go instead where there is no path and leave a trail…” ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/

Cassie

  • Guest
Re: Hallo almal!
« Reply #5 on: September 03, 2015, 09:22:59 AM »
Welkom!  O0

Offline Lin3

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,810
Re: Hallo almal!
« Reply #6 on: September 03, 2015, 10:43:59 AM »
 ;D
Baie welkom en Willem kan maar sy boude hou.
Ons ry bike, ander mense spreek sielkundiges.

Offline Dirk

  • BIJT Silver
  • *
  • Posts: 1,404
Re: Hallo almal!
« Reply #7 on: September 03, 2015, 12:03:52 PM »
Baie welkom!  O0 O0 O0

Offline Gert J

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 3,983
Re: Hallo almal!
« Reply #8 on: September 03, 2015, 16:45:09 PM »
Welkom hier Hillman , ek het jou al raakgesels op WD....

Hierdie groepie is soos familie ... Jou eie familie .... Jy kan hulle nie kies nie  :2f
Moet nooit ophou droom nie !!

"T Rex" op Wilddogs

Offline Hillman

  • Kuiergas
  • *
  • Posts: 107
Re: Hallo almal!
« Reply #9 on: September 04, 2015, 00:10:14 AM »
Mens ek het nou lekker gelag,  :) , lyk my ek gaan lekker kuier hier!
Ek kannie glo ek het uitgemis vir so lank op die forum nie, maar nou is ek hier O0
Ek sal maar n nuwe foto neem sodra ek tuis is, net n rukkie weg met werk tans maar ek het die blou en silver alp met n Schorch pyp om daai v bietjie te laat kom tot sy reg....lekker diep.
Moet nog kans kry om die centre stand te fit, en my pannier rakke....dan kan ek weer daai ou getroue trax panniers haak. Ek is juis sonmer kar loos, net om vir julle te wys my priorteite is reg :2f ek ry sommer met n inverter in een pannier en n hoekslyper in die ander en so paar los gereedskapstukke na n plek. Die een tannie vra my juis, 'nou wanner bring jy die gereedskap, ek se dan ek moet die deur regkry dat ek kan ry'.......kyk my so kwaai. Ek se nee als is onder beheer, ek het selfs rooi oksied en n blikkie swart. Halfuur later gaan haal ek soos sy beloof het my fooi op die eetkamer tafel, pak op en sluit, gooi sluitel in huis en ry. Daai tannie het my nou al soveel keer uitgeroep ek raak al benoud as die oom dalk eendag 'verhuus'......kyk hoe skryf ek nou vir julle n storie kompleet of ons familie is. Ek is jonk maar her BAIE swak grondpad gevat, my id se 46 maar my spiel se nee,,,,,,dis glo heelwat meer. Die jonger dames buit dit uit en noem my oom.......jis hulle het nie maniere nie :-[  alle geval, lekker slaap!!

Ps: ek het n tweede x geregistreer op Wilddogs, mense het my baie gepla oor werk en geleenthede om hul 'groen krag' aan die staat te wou verkoop en sonmer my naam gebruik. Ek was op ekspedisie (gough eiland) en amper my bonus en werk verloor, die mense was hard op my en nee was vir my n nee maar duidelik nie vur ander....ll.lsi hier se ehpk dit nou vir die eerste keer en eerlik. Ek is ou TVB mawa Tom van Brits die half avontuurlike. Rehann het my meer onderhoudcgevoercen saamgeryceen dag met my ER24 bike.......goeie ou en lekker tye......maar nou verstaan jul Hillman, dis my eerste kar wat ek ooit besit het, baie lekker gevis, gevrei, gery......daai tjor moes ek hou! Maar ok, verve ek julle nie langer nie, Tom Mc Sherry die vryskut medic groet julle, baie dankie dat ons vriende ka wees! Hoop ons gaan bietjie ry en onthou, as die sweiswerk pla praat het, ek hep graag al staan ek ak haf styf op ;D

Offline WABez

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 15,098
Re: Hallo almal!
« Reply #10 on: September 04, 2015, 06:47:40 AM »
...
...maar nou verstaan jul Hillman, dis my eerste kar wat ek ooit besit het...
...

...
Ek is juis sonmer kar loos, ...
...

Ok so nou het ek dit, jou forum naam is Hillman, maar jou regte naam is Carlos!  >:D :2f :2f

Ja die werkery kan nogal erg inmeng met baaik ryery! O0
The liver is evil, it must be punished!

Offline Oupa Manie

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,389
Re: Hallo almal!
« Reply #11 on: September 04, 2015, 07:37:35 AM »
Die jonger dames buit dit uit en noem my oom.......jis hulle het nie maniere nie

Hulle sê vir my Skim ook Oom, maar hulle sê nooit "Nee OOm" nie...

Offline Lin3

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,810
Re: Hallo almal!
« Reply #12 on: September 04, 2015, 08:50:58 AM »
Johhhh
Ek dink ek verstaan  8) :)
Ons ry bike, ander mense spreek sielkundiges.

Cassie

  • Guest
Re: Hallo almal!
« Reply #13 on: September 04, 2015, 09:05:10 AM »
 :2f :2f :2f :2f :2f Lekker lag ek nou vir jou storie Hillman!!!!!!!

Kan jy nou 'imagine' hoe het ek (Engels) dit gelees en ge-interpreteer.........  :D

Offline Hillman

  • Kuiergas
  • *
  • Posts: 107
Re: Hallo almal!
« Reply #14 on: September 04, 2015, 09:51:39 AM »
:2f :2f :2f :2f :2f Lekker lag ek nou vir jou storie Hillman!!!!!!!

Kan jy nou 'imagine' hoe het ek (Engels) dit gelees en ge-interpreteer.........  :D

Ek besef!  :D En sien ook dat my rekenaar se sleutelbord steeds on lekker is (miskien van n jaar se nat en koue seelug hier op Gough Eiland) Ek het myself nou amoer dood geskrik toe ek weer lees en besef met hierdie sleutelbord moet ek liewer proeflees voor ek pos voor die mense vertrou verloor in SA medics!  :o