Author Topic: Hallo almal!  (Read 6428 times)

Offline WABez

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 15,098
Re: Hallo almal!
« Reply #15 on: September 04, 2015, 11:22:29 AM »
... moet ek liewer proeflees voor ek pos voor die mense vertrou verloor in SA medics!  :o

Dalk! Want netnou twyfel sekere mense of daar wel 'n verskil tussen 'n "drip" en 'n "enema" is!  :o :2f :2f :2f
The liver is evil, it must be punished!

Offline Clem

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 10,534
  • Im aging like fine wine. Getting complex & fruity.
Re: Hallo almal!
« Reply #16 on: September 04, 2015, 11:31:19 AM »
Dalk! Want netnou twyfel sekere mense of daar wel 'n verskil tussen 'n "drip" en 'n "enema" is!  :o :2f :2f :2f

Uhhhhmmmmm wat is die verskil nou regtig..... ?? Party ouens is maar drips en dit alleen kan lei tot 'n natuurlike enema!!!  :D :D :D :2f :2f :2f :2f :2f :2f :2f
Good wine and wisdom are one of a kind, since both only come in good time!

Offline WABez

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 15,098
Re: Hallo almal!
« Reply #17 on: September 04, 2015, 12:39:12 PM »
Uhhhhmmmmm wat is die verskil nou regtig..... ?? Party ouens is maar drips en dit alleen kan lei tot 'n natuurlike enema!!!  :D :D :D :2f :2f :2f :2f :2f :2f :2f

 O0 :2f :2f :2f

Of daai enema kan jou laat drip waar jy nie wil drip nie!  >:D O0 :2f :2f :2f
The liver is evil, it must be punished!

Offline Clem

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 10,534
  • Im aging like fine wine. Getting complex & fruity.
Re: Hallo almal!
« Reply #18 on: September 04, 2015, 14:05:45 PM »
O0 :2f :2f :2f

Of daai enema kan jou laat drip waar jy nie wil drip nie!  >:D O0 :2f :2f :2f

 :2f :2f :2f :2f :2f :2f :2f :2f :2f :2f
Good wine and wisdom are one of a kind, since both only come in good time!

Offline MarindaGS

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 8,038
  • Adrenalien Junkie
Re: Hallo almal!
« Reply #19 on: September 04, 2015, 17:43:36 PM »
Laaste maar nie die minste nie...'n hartlike welkom aan jou Hillman... O0 Ek is seker jy gaan lekker kuier... :D

Alles wat die manne hier se moet jy maar met 'n telepeltjie sout neem... :-X
Life is not a rehearsal...Live it once...Live it to the fullest...

Offline Hillman

  • Kuiergas
  • *
  • Posts: 107
Re: Hallo almal!
« Reply #20 on: September 04, 2015, 17:54:04 PM »
Laaste maar nie die minste nie...'n hartlike welkom aan jou Hillman... O0 Ek is seker jy gaan lekker kuier... :D

Alles wat die manne hier se moet jy maar met 'n telepeltjie sout neem... :-X

Baie dankie, ek waardeer!

Jong julle het my nou lekker laat lag, hier gaan ons lekker kuier!
Ek moet se ek het al GROOT flaters gesien as manne nie proeflees, en daar trap ek self in die strik  :D

So op n erinstiger noot; my een baas het my eendag gese daar bo in Kenya (baie wyse man) dat mens nooit n e pos moet stuur as jy kwaad is nie, hy se jy kan hom maar skryf maar gaan slaap daaroor, en more voel jy dalk anders en delete dit. Ek het ook eens gedink n individie kan die wereld verander, en op my agterpote gespring en 'feite' in n e-pos vervat en aan HK gestuur.....nodeloos om te se (soos dit gaan in die kontrak wereld) het ek nie n retoer kaartjie gekry toe ek uit gevlieg is op verlof nie.....die lewe is maar een groot les. Dis hoekom ek maar probeer kalm wees, my motorfiets ry en lekker saam gesels en lag.......mens is arm die dag as jy jou sin vir humor verloor :)

Offline WABez

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 15,098
Re: Hallo almal!
« Reply #21 on: September 04, 2015, 19:00:08 PM »
....mens is arm die dag as jy jou sin vir humor verloor :)

Feite......, oeps (netnou kry ek ook nie 'n retoerkaartjie nie), ek bedoel dis die volle waarheid! O0 ;D
The liver is evil, it must be punished!

Offline Buffel

  • BIJT Gold
  • *
  • Posts: 1,706
  • BMW GSA
Re: Hallo almal!
« Reply #22 on: September 05, 2015, 08:20:21 AM »
Welkom hier Hilman. Ek glo jy sal dit woes geniet. Net 'n vraag - Vertel ons 'n bietjie wat jy alles op Gough eiland gedoen het? Ek het jou op WD gevolg. Sit selfs fotos by. Dankie.
Volg die Renoster-metode : "Kop-af en beur-vorentoe"

Offline Hillman

  • Kuiergas
  • *
  • Posts: 107
Re: Hallo almal!
« Reply #23 on: September 05, 2015, 09:12:05 AM »
Welkom hier Hilman. Ek glo jy sal dit woes geniet. Net 'n vraag - Vertel ons 'n bietjie wat jy alles op Gough eiland gedoen het? Ek het jou op WD gevolg. Sit selfs fotos by. Dankie.

Dankie mater, ek onthou jou ook!

Jong soos ek gese het, die rede hoekom ek my TVB account gesluit het en n nuwe een in die stilligheid begin het is die volgende:
Ek het skielik pm's en e posse gekry van nie net een ou (hoewel een ou my baie gepla het) oor 'groen energie'.
Hy wou weet hoeveel diesel ons brand, het ons watervalle ens........ek het ooreengekom om onofisieel vir die nuut gevonde vriend (ek vertrou maklik) al die inligting te gee maar dit benadruk dat die DEA reeds die toetse gedoen het en met voorleggings na die Britte toe was. En daar is n reel wat enige ander ontwikeling verbied op Gough eiland naamlik: World heritage site - geen nuwe struktuur mag opgerig word nie, daarom is selfs n toubrug wat vir die veldwerkers se veiligheid moes bydra n opdrag gegee gewees om onmiddelik te verwyder. Dit is seker een van die mees beskermde 'wereld erfenis gebiede', en dit val onder die administrasie van Tristan da Cunha eiland, wat onder St Helena val, wat op beurt onder die Britte val. So lang storie kort; Die man (manne) hardloop na die direkteur met al die inligting oor diesel verbranding en, maak toe voorstelle vir hidro elektriese sisteme ens. Nodeloos om te se, ek kan nie ontslaan word nie want dit is seker die mees afgesonderde eiland in die wereld. Hier vaar nie skepe verby, behalwe in die kreef seisoen as daar (net 1 skip) vir 2 weke om die eiland kreef getrek word. Sou dit nie so geisoleerd gewees het nie, het ek my gai gesien dubbel en dwars, en ek was lank bekommerd of ek my bonus sou kry aan die einde va die ekspedisie. Bo en behalwe die skudding, het mense my aanmekaar gepla vir werk geleenthede, en dan probeer ek nou maar soos n gemanierde mens alles andwoord maar dit het net absoluut 'mal' geraak! En onthou, ons word deur die staat betaal (Suid Afrika) en die salarisse is nie soveel beter as n SA salaris want dit word geag as n voorreg om hier te wees (en is)

So dis hoekom ek net plein gatvol geraak het en my 'TVB' account delete het en n paar maande later terug geklim het as Hillman, maar net gefokus het op gesels en op die fietse ens.....

Ek het ook baie aktief geraak op Roam Africa, geniet die forum en ken die mense. Baie van hulle al tevore ontmoed want baie ouens het maar soos ek nou onlangs eers besef het n account op elke forum wat seker nie sleg is as mens baie tyd op hande het, en weet wat jy wil en kan bydra waar en waar jy wil kuier en waar jy dalk iets wil verkoop ens.

My probleem nou is bandwyte, die skip deel nou met ons soos hy begin seil het Donderdag (SA Agulhas 11) en dit het tot gevolg dat als stadig is, ek kan FB nie eers oopkry maar die forums lyk my gebruik minder bandwydte en werk darem, maar fotos oplaai is nou n uitdaging....gebeur dalk as jy gelukkig is na n paar pogings. Sodra ek weer vaste grond onder my voete is sal ek verseker n bydrae lewer, verdel en deel van Gough Eiland en selfs Marion Eiland ens. Vir nou moet ons dit eers op ys hou.

Ek is wel nou klaar met die eilande; nie oor die insident(e) van wat ek vroer gemeld het nie, maar ek het besef ek is nou op daai stadium waar mens moet weet jy raak te oud in denkwyse en verwysings raamwerk, waar dit nie meer goed is om n span jongmense te lei op n 'absolute remote site'. Die geisoleerdheid bring baie gerdag versteerings onder die mense mee, en die jongmense het n ander uitkyk op die lewe en dissipline ens......en ek is verandwoordelik vir elkeen se veiligheid, mediese welstand en werk lewering. Ek is netnie meer opgewasse om so n jongspan te lei nie.... My oorlede pa het eendag gese; 'ek dink dis tyd dat 'ou dominee' aftree', en ek het dit nie mooi verstaan want die oom was nice en het mooi stories vertel ens, maar toe die 'jong dominee' kom, het ek verstaan  :2f :2f

Groete!

Offline WABez

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 15,098
Re: Hallo almal!
« Reply #24 on: September 05, 2015, 11:47:22 AM »
 O0 O0
The liver is evil, it must be punished!

Offline Lin3

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,810
Re: Hallo almal!
« Reply #25 on: September 05, 2015, 18:35:06 PM »
 :) :)
Laat weet as jy hier aanland "ou dominee"
Ons ry bike, ander mense spreek sielkundiges.

Offline Buffel

  • BIJT Gold
  • *
  • Posts: 1,706
  • BMW GSA
Re: Hallo almal!
« Reply #26 on: September 06, 2015, 10:59:43 AM »
 O0 O0 O0
Volg die Renoster-metode : "Kop-af en beur-vorentoe"

Offline Hillman

  • Kuiergas
  • *
  • Posts: 107
Re: Hallo almal!
« Reply #27 on: September 06, 2015, 15:35:20 PM »
:) :)
Laat weet as jy hier aanland "ou dominee"

 :2f  :2f

'Ou Dominee' het nou n profiel foto.....en n bynaam :2f

Offline Oupa Manie

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,389
Re: Hallo almal!
« Reply #28 on: September 08, 2015, 08:42:27 AM »
Broer hier gaan jy moet preek...en preek....preek....en preek...

Offline Clem

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 10,534
  • Im aging like fine wine. Getting complex & fruity.
Re: Hallo almal!
« Reply #29 on: September 08, 2015, 08:46:21 AM »
Broer hier gaan jy moet preek...en preek....preek....en preek...

Wat van die nagmaal, jy kan nie net preek nie, jy moet eet en drink ook!!!  ^-^ :cool :cool
Good wine and wisdom are one of a kind, since both only come in good time!