Author Topic: myFiets Biertoer 2016!  (Read 1688 times)

Offline Réhann

  • Moderator
  • BIJT Gold
  • *
  • Posts: 1,778
    • Think Bike - veiligheidsbewustheidsveldtog
myFiets Biertoer 2016!
« on: January 17, 2016, 13:08:30 pm »
26-28 Februarie

Ons eerste naweektoer vir 2016 is Oos-Vrystaat toe, waar ons gaan boetiekbier proe by die Clarens Craft Beer Festival!

Ons ry 9:00 die oggend van Vrydag 26 Februarie uit Johannesburg uit. Ons ry Deneysville toe waar ons gaan kyk na die motorfietsmuseum en dalk ’n koeldrank drink.

Van daar af is daar ’n keuse van twee roetes - teerpad of vrotpad - tot in Clarens waar ons die middag bietjie kan proe aan meer as 110 verskillende biere van 22 boetiekbrouerye. Ons ry van Clarens af na die Kestell Hotel toe - waar ons oorslaap - om voor sononder daar te wees. Aandete is by die hotel.

Saterdagoggend na ontbyt ry ons weer ’n paar heerlike vrot- of teerpadroetes om vir middagete in Clarens te wees. Daar proe ons verder aan die boetiekbier voor en na middagete en luister na van die musiek wat deel is van die bierfees.

Ons ry weer terug Kestell Hotel toe om voor sononder daar te wees. Aandete is weer by die hotel.

Sondagoggend ry ons terug huis toe, elkeen op sy eie tyd.

Ons Biertoer kos R975 per persoon per nag. Dit sluit in:
- Vrydag se aandete en verblyf en toegang by die Clarens Craft Beer Festival
- Saterdag se ontbyt, aandete en verblyf en toegang by die Clarens Craft Beer Festival
- Sondag se ontbyt
- ’n Gekwalifiseerde paramedikus ry saam op ’n motorfiets

Wie kom saam?  :D

Offline Baardman

  • BIJT Silver
  • *
  • Posts: 1,481
  • Agteros kom ook in die kraal
Re: myFiets Biertoer 2016!
« Reply #1 on: January 17, 2016, 14:58:52 pm »
Dit klink lekker Rehann. Ongelukkig het ons klaar bespreek vir Impala rally. Defnitief volgende keer.

Offline Réhann

  • Moderator
  • BIJT Gold
  • *
  • Posts: 1,778
    • Think Bike - veiligheidsbewustheidsveldtog
Re: myFiets Biertoer 2016!
« Reply #2 on: January 17, 2016, 15:01:25 pm »
Dit klink lekker Rehann. Ongelukkig het ons klaar bespreek vir Impala rally. Defnitief volgende keer.

Gaaf!  O0

Offline Dirk

  • BIJT Silver
  • *
  • Posts: 1,404
Re: myFiets Biertoer 2016!
« Reply #3 on: January 17, 2016, 15:30:45 pm »
Jy't my nou lekker aan't plannetjies maak   :-\
Hoe vrot is die vrotpaaie wat julle beplan, my Strom is seker oraait, weet net nie so mooi van die ryer nie...  ::)
Wanneer is die laatste om ook 'n plekkie te boek?

Offline Réhann

  • Moderator
  • BIJT Gold
  • *
  • Posts: 1,778
    • Think Bike - veiligheidsbewustheidsveldtog
Re: myFiets Biertoer 2016!
« Reply #4 on: January 17, 2016, 15:35:22 pm »
Jy't my nou lekker aan't plannetjies maak   :-\
Hoe vrot is die vrotpaaie wat julle beplan, my Strom is seker oraait, weet net nie so mooi van die ryer nie...  ::)
Wanneer is die laatste om ook 'n plekkie te boek?


Die roete gaan nie wild wees nie, ek wil nie hê mense moet bang wees nie. Ek sal dit beskryf as "groen", heeltemal pillion-vriendelik.

Uhm... Ek moet hemde ens bestel ten minste teen 10 Feb, maar die plekke raak vinnig vol. Ek het die gastehuis ook geboek, so ons het darem meer slaapplek.

Daar was ook heelwat belangstelling van mense wat nie motorfietsry nie, wat wil saamkom. Ek het toe maar 'n kombi ook gehuur vir hulle.

Stuur vr my 'n e-pos na toer@myFiets.co.za as jy nog inligting wil hê.

Offline Lin3

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,809
Re: myFiets Biertoer 2016!
« Reply #5 on: January 17, 2016, 20:10:35 pm »
Ons Impala ook.
Dit klink heerlik.
Ons ry bike, ander mense spreek sielkundiges.

Offline Oupa Manie

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,388
Re: myFiets Biertoer 2016!
« Reply #6 on: January 18, 2016, 08:27:23 am »
Ek is skrikkerig om met my fiets vrotpad te ry want ek het Road 4 tyres op en die oil cooler sit presies agter die voorwiel. Een klip en ek het moeilikheid. As ek 'n vrotpadfiets gehad het was ek in....dit klink baie lekker!

Offline Réhann

  • Moderator
  • BIJT Gold
  • *
  • Posts: 1,778
    • Think Bike - veiligheidsbewustheidsveldtog
Re: myFiets Biertoer 2016!
« Reply #7 on: January 18, 2016, 08:29:26 am »
Ek is skrikkerig om met my fiets vrotpad te ry want ek het Road 4 tyres op en die oil cooler sit presies agter die voorwiel. Een klip en ek het moeilikheid. As ek 'n vrotpadfiets gehad het was ek in....dit klink baie lekker!

Daar is 'n paar padfietse wat saam ry, hulle ry 'n teerroete van Deneysville af. Kom saam!

Offline Oupa Manie

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,388
Re: myFiets Biertoer 2016!
« Reply #8 on: January 18, 2016, 08:31:22 am »
Daar is 'n paar padfietse wat saam ry, hulle ry 'n teerroete van Deneysville af. Kom saam!

Ek sal met die baas moet praat...en die baas by die werk want ek sal die Vrydag en Maandag moet verlof vat...

Offline Réhann

  • Moderator
  • BIJT Gold
  • *
  • Posts: 1,778
    • Think Bike - veiligheidsbewustheidsveldtog
Re: myFiets Biertoer 2016!
« Reply #9 on: January 18, 2016, 08:33:22 am »
Ek sal met die baas moet praat...en die baas by die werk want ek sal die Vrydag en Maandag moet verlof vat...

Dis reg, ek sal wag om te hoor  :bat

Offline Oupa Manie

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,388
Re: myFiets Biertoer 2016!
« Reply #10 on: January 18, 2016, 08:46:28 am »
Ag flip....

My vrou verjaar daai week en ons het by Klein Kariba ingeboek van 21 Feb tot 26 Feb - so ek is 26'e nog op pad huis toe...

By the way...Klein Kariba hey 'n nice spesiale aanbod vir Januarie en Februarie - R400 per eenheid per nag....

Offline Réhann

  • Moderator
  • BIJT Gold
  • *
  • Posts: 1,778
    • Think Bike - veiligheidsbewustheidsveldtog
Re: myFiets Biertoer 2016!
« Reply #11 on: January 18, 2016, 08:55:06 am »
Ag flip....

My vrou verjaar daai week en ons het by Klein Kariba ingeboek van 21 Feb tot 26 Feb - so ek is 26'e nog op pad huis toe...

By the way...Klein Kariba hey 'n nice spesiale aanbod vir Januarie en Februarie - R400 per eenheid per nag....

Moenie huis toe ry nie, kom hiernatoe. Ons het voorsiening gemaak vir mense wat nie fiets ry nie ook - spesiaal 'n kombi gehuur daarvoor.

Offline Oupa Manie

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,388
Re: myFiets Biertoer 2016!
« Reply #12 on: January 18, 2016, 08:58:26 am »
Nee dit klink vir my te veel soos om jou sussie te soen....ek wil bike ry, nie Kombi nie....

Volgende keer!

Offline Réhann

  • Moderator
  • BIJT Gold
  • *
  • Posts: 1,778
    • Think Bike - veiligheidsbewustheidsveldtog
Re: myFiets Biertoer 2016!
« Reply #13 on: January 18, 2016, 09:08:13 am »
Nee dit klink vir my te veel soos om jou sussie te soen...

Ek dink nie my sussie sal dit like nie  ???

Offline Oupa Manie

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,388
Re: myFiets Biertoer 2016!
« Reply #14 on: January 18, 2016, 09:09:32 am »
 :D :D :D :D :D :D