Author Topic: Hoekom so min fietse op die grondpaaie van Koster tot Groot Marico?  (Read 176 times)

Offline Lynnie K

  • Nuuskierig
  • *
  • Posts: 15
Hi

Lanklaas hier gewees weer maar vertrou dat dit met almal goed gaan.

Ons bly nou 2 jaar al op Groot Marico en ek kan nie glo dat so min bikers ons grondpaaie geniet nie!  Hoekom?  Daar is awesome, awesome, awesome grondpaaie net na Koster (Rosmincol pad) deur na Groot Marico (Bokkraal pad) en selfs verder.  Ons sien hopeloos te min bikers wat hier kom ry.  Dit is asof die meederheid dieselfde paaie oor en oor ry en dieselfde plekke oor en oor besoek.

Ek het die ander dag die Rosmincol pad gery.  Verby groot plase, baie skilderagtig en baie interessante paadjies - daar is veral een stuk wat voel asof jy deur privaat eiendom gaan ry, tog is dit 'n provinsiale pad.  Daar is 'n paar uitdagings op hierde grondpaaie veral na swaar reen - maar julle mis onsettend baie totdat julle hier deurgery het. 

Groot Marico is so 180km vanaf die Wes Rand (Cradlestone Mall).  Die Wag 'n Biekie Restaurant op die N4 by Groot Marico bedien goeie kos.  Die Hotel bedien 'n 3-gang-maaltyd op 'n Sondag wat wissel tussen R90 en R120 afhangend van wat op die spyskaart is.  Dit is 'n lekker roete vir net 'n Saterdag/Sondag ry en daar is baie B&B's hier ook vir die wat wil oorslaap.  Saterdae is daar 'n "bootsale" in die hoofpad (daar is net een hoofpad so julle kan dit nie mis nie) vanaf 9 tot 12 en die Tannies en Oomies doen baie moeite om hulle produkte en handgemaakte items te verkoop - nogal baie "bargains".

So, moenie van Groot Marico vergeet nie - en as julle hierdie kant toe kom laat weet ons - sal lekker wees om julle te ontmoet.


Offline Lynnie K

  • Nuuskierig
  • *
  • Posts: 15
Re: Hoekom so min fietse op die grondpaaie van Koster tot Groot Marico?
« Reply #1 on: March 28, 2018, 13:30:00 pm »
Vir die mense wat wil kamp - probeer Marico Bosveld Dam (ook bekend as Riekertsdam) en hulle nr is 083  733 4251. Kamp vir 1 person per nag is R60.  Hulle maak 07h00 oop en hekke sluit 21h00.  Stort en braai geriewe is beskikbaar maar bring julle eie braai roosters.  Epos my op lynniekriel@gmail.com as julle 'n alternatiewe roete soek om die Swartruggens Tol Hek (R75) te vermy en indien julle verblyf soek in gerieflike kothuise.