Author Topic: Die afgelope jaar  (Read 218 times)

Offline Andre haul.ass

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 5,246
Die afgelope jaar
« on: October 02, 2018, 18:09:18 pm »
Sover die jaar was dit maar net korter trips en geen epic toere nie.
Gedurende Maart was ek n slag Mexico toe vir 4 dae en twee weke later in Noord Wes texas op n toer van die forte uit die Indian oorloe in die 1860s.

In April het ek die Suid Afrikaanse Christen manne kamp bygewoon in Blanco Texasvir 4 dae. N mooi rit soontoe en terug met die Harley.

Vir Meimaand was daar n HOG byeenkoms vir ARMED fORCES DAY, begin in NEW oRLEANS IN Louisiana, dan deur Natchez en die trace in Mississippi tot in Jackson in Tennesee. n Baie interesante rit oor baie van die Civil War battlefields en historiese plekke. In Jacson het die Harley dealership eienaar so 20 akkers in die heuwel agter die winkel waar daar re-enactments gehou was met ontploffings en skietery met helikopters en allerhande dinge. Al die oorloe was verteenwoordig van die eerste een teen Engeland, die Civil War, eerste en tweede wereld oorloe, Korea, Vietnam en Irak en Afganistan.  Uitstekende vertoning. En jy kon vir n fooi n ritkry in n Cobra helicopter of n Vietnam era helicopter.

Vir Junie en Julie het daar nie veel aangegaan nie en ons het maar tyd spandeer op die damme bet die skiboot met n groot boks bier in die somer hitte.  Hulle se dit was die 2e warmste somer in geskiedenis

In augustus was ons by die Texas Potjiekos festival in Conroe en het daar gaan kamp met n lekker Redvers tent. SA tjoklits en droe wors en biltong  en potte vol kos met pap en sous. Lekker om saam met so 400 ander afrikaans sprekendes n lang naweek deur te bring.

September is veronderstel om herfs te wees hier en ons was in die berge toe in Arkansas om te gaan sien of die blare al verander maar ons was te vroeg daarvoor. Daar is n klein rally ten bate van mishandelde kinders en ons gaan elke jaar soontoe, die jaar was ons Noord na Mount Magazine met paaie wat jou laat smile van oor na oor. Dis die hoogste punt in Arkansas.  Na die byeenkoms ,in pleks van Suid wes huistoe, is ons verder Noord tot by Eureka Springs net duskant Missouri, met die Pig Trail. Nog meer smiles van oor tot oor. Van daar af is dit maar huistoe op cruise control teen 85mpu (so 140kph) want dis die vinigste wat die cruise wil engage.

September was ok met net een 4 dag trip mexico toe.
 
Die maand, Oktober, gaan ons weer ver suid in Mexico in tot amper by Mexico City en geniet die fantastiese paaie in die berge in die Sierra Madre Oriental bergreeks vir omtrent 10 dae. Die Triumph het nuwe bande en is klaar ge sevice.

In November is dit weereens die Lonestar rally waar omtrent 400,000 motorfietse oor die 4 dae oor die brug kom in Galveston eiland in. die hele plek is net een groot fees met amper geen karre nie. Ek dink al die mense wat daar bly gaan hou vakansie elders.  Ons gewoonlik huur n GROOT huis vir so $1500 vir die lang naweek en almal las vir die onkoste. Dis net oor die vry ferry na Bolivar peninsula toe waar die huis is.
Weet nognie van Desember nie, dis koud daardie tyd.


Vir 2019,  my kaartjie is gekoop en ek kom SA toe vir 6 weke in Februarie en Maart. Weet nie of enigiemand nog die forum lees nie maar dalk kan ek n paar van julle ontmoet.

En as iemand weer vir my kan verduidelik hoe om fotos te plaas dan kan ek dit ook doen so af en toe.
Groetnis van deur tot deur.
 andre
« Last Edit: October 03, 2018, 02:39:18 am by Andre haul.ass »
Not all who wander are lost

Offline Matewis

  • 100% BIJT
  • *
  • Posts: 542
  • Live today, tomorrow is promised to no-one
Re: Die afgelope jaar
« Reply #1 on: October 03, 2018, 09:32:52 am »
Die kom SA toe klink heel lekker.

Ek besig om 'n trippie te beplan einde April. Ons gaan die R355 ry vanuit Springbok tot waar hy eindig naby Ceres.
“Don’t go where the path my lead…  Go instead where there is no path and leave a trail…” ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/

Offline Andre haul.ass

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 5,246
Re: Die afgelope jaar
« Reply #2 on: October 12, 2018, 02:49:56 am »
Jy weet as jy nog verder aanhou kom jy by Kleinzee op die kus. My pa was daar gestasioneer in die Polisie voor die 2e wereldoorlog. Hulle het te perd daar patroleer.
Not all who wander are lost

Offline Andre haul.ass

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 5,246
Re: Die afgelope jaar
« Reply #3 on: October 12, 2018, 05:59:39 am »
Nou Matewis  Jys nog n laaitie maar se vir my hoe lyk die motorfiets huur situasie daai kant. as alles lekker lyk sal ek n helmet en boots bring en n fiets huur.  so 800 sal seker doen.  WEk sal allene wees so ek het nie n groot fiets nodig nie. sal in hotelle moet bly wnt kamp is uit, geen uitrusting nie.
Sal graag daar in die NW wil gaan poerpoer maar sal uit Pretoria moet begin.
Wat dink jy
Not all who wander are lost

Offline Matewis

  • 100% BIJT
  • *
  • Posts: 542
  • Live today, tomorrow is promised to no-one
Re: Die afgelope jaar
« Reply #4 on: October 14, 2018, 20:34:59 pm »
Andre hier is baie plekke wat fietse uitverhuur. Weet van hele paar in die Kaap en jy kan fiets kry wat klaar gekit is.

Jaco Prinsloo en 'n pel het so plek hier in die stad. Laat weet dan sit ek julle in kontak en jy kan bietjie gaan kyk en met hom chat oor wat beskikbaar is etc.
“Don’t go where the path my lead…  Go instead where there is no path and leave a trail…” ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/

Offline Skim

  • 100% BIJT
  • *
  • Posts: 799
  • Wees vry!
Re: Die afgelope jaar
« Reply #5 on: October 15, 2018, 12:17:35 pm »
Andre, as jy Oos Transvaal (Mpumalanga) se kant toe kom, laat weet asb. Hier is oorblyplek.  O0 O0

Offline WABez

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 15,098
Re: Die afgelope jaar
« Reply #6 on: October 21, 2018, 08:07:21 am »
Andre, jy moet maar laat weet waar jy jou gaan bevind. Ek is in Pretoria (Centurion om meer spesifiek te wees). Ons kan dalk 'n trippie inwerk iewers wanneer jy hier is.  O0
The liver is evil, it must be punished!

Offline Clem

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 10,534
  • Im aging like fine wine. Getting complex & fruity.
Re: Die afgelope jaar
« Reply #7 on: October 22, 2018, 14:56:54 pm »
Andre, jy moet maar laat weet waar jy jou gaan bevind. Ek is in Pretoria (Centurion om meer spesifiek te wees). Ons kan dalk 'n trippie inwerk iewers wanneer jy hier is.  O0

Tel my in, ek sal ook wil saamry - Sal lekker wees om te ontmoet! Hoor jy WaBez.....
Good wine and wisdom are one of a kind, since both only come in good time!

Offline Andre haul.ass

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 5,246
Re: Die afgelope jaar
« Reply #8 on: November 14, 2018, 02:07:17 am »
Dit klink al hoe lekkerder. Nes wors en vetkoek.

Skim ek sal graag daar in Nelspruit n draai wil maak en ek het 6 weke so die kanse is goed,  Weet nie of ek genoeg geld sal he vir so n lang huur periode nie. Ek dink dis so $100 US n dag
.
Ek is pas terug van n 10 dag trip na ou Mexico toe met die Tiger en daar in die berge gaan rondspeel. Daarna was dit die Lonestar rally op Galveston eiland vir n week en n bit  en ewe skielik is dit vrek koud hier.  Sommer onder vriespunt elke nag die week.
Not all who wander are lost

Offline Andre haul.ass

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 5,246
Re: Die afgelope jaar
« Reply #9 on: November 14, 2018, 02:13:28 am »
Wabez en Clem, soos Trump se, alles is op die Tafel.
Sal graag soveel van julle ontmoet wat ek kan.
My missie is om my verlore familie op te soek, Pretoria, Joeies, Vrystaat  en Oos Transvaal. En ook Mosselbaai so ek sal moet roer.

Ek arriver die 4e Februarie op Jan Smuts en mag reguit Kaap toe gaan,  of nie. Sal maar  moet sien nader aan die tyd.
Andre
Not all who wander are lost

Offline HenkB

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 2,260
  • Life is beautiful...
Re: Die afgelope jaar
« Reply #10 on: November 15, 2018, 19:41:42 pm »
Andre,
Skree as jy in Mosselbaai is dan maak ons plan vir n kuiertjie

Offline Andre haul.ass

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 5,246
Re: Die afgelope jaar
« Reply #11 on: November 19, 2018, 17:49:36 pm »
Vir seker
Not all who wander are lost

Offline Réhann

  • BIJT Gold
  • *
  • Posts: 1,779
    • Think Bike - veiligheidsbewustheidsveldtog
Re: Die afgelope jaar
« Reply #12 on: December 09, 2018, 12:46:39 pm »
Ek weet nie wanneer laas ek hier was nie, maar dis lekker om weer van jou te hoor, André.

Sal gaaf wees om 'n bier saam met jou te drink as jy hier kom.