Hi ouens. Ek het al 'n voorstel aan Think Bike gemaak maar nog niks gehoor nie. Ek het daaraan gedink dat mens plakkers moet maak wat dalk vir motoriste dankie se as hulle so bietjie spasie vir mens gemaak het om verby te kom. Mens kan nie altyd handlig nie en mens is nie seker of hulle sien as jy kop knik nie. En sommige ouens ry maar altyd so dat mens kan verby kom en mens kan nie vir almal handlig of kop knik nie. Ek glo dit kan dalk die verhouding ook verbeter tussen motoriste en motorfiets ryers. Ek glo veral hier sal Oom Collin kan help met die bewoording

Mens kan dalk sommer die Woema teken daarop sit. Hoe dink julle?