Poll

Kies a plekkie wat jou pas ...

Onder 18 ... Genade maar die ou mense kan kêrm
18 - 25 ... Wow ek is fris en wild ... pasop wêreld
25 - 35 ... Ek dink my pa was dalk reg ... die lewe is nie 'n spelietjie nie
35 - 45 ... Maggies maar dis lekker om te lewe
45 - 55 ... Ek wonder of die jonges weet wat hulle het
55 - 65 ... Tyd om sterk in te pak ... niks hou vir altyd nie
65 en oor ... Haai ... ek is nog hier ... altans ek dink so

Author Topic: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.  (Read 14852 times)

Offline Kola

  • 100% BIJT
  • *
  • Posts: 543
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #15 on: March 31, 2010, 12:55:14 PM »
Ek ry omtrent net werk toe alleen, anders is dit of SWAMBO of Klein SWAMBO wat saamry.
Niks lekkerder vir my en SWAMBO as om die tent en slaapsakke, 'n rooster, vleis, wyn en 'n paar biere in te laai en die Cederberg in te vaar nie.
Die hele gesin duik ook.

Saam wees is waaroor dit vir ons gaan.

Batman

  • Guest
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #16 on: March 31, 2010, 12:59:45 PM »
Sorry wil nie teem nie, maar ons gaan so ruk gelede met die fiets Klein Kariba toe vir die naweek en bly in een van hulle permanente tente. (Vir Cassie, dit het 'n bed, kombuis en ingeboude badkamer binne in)

Ons het die panniers gepak en my vrou het so kleinerige rugsakkie opgehad.

Daar aangekom dra ek die panniers in, sy die rugsak en ry winkel toe vir 'n paar koue kastele.  Kom terug en  sit en kyk hoe die cagers een vir een begin afpak.  Daar was 'n ou wat seker so ommenby 9 trips moes maak om als af gepak te kry.  Die volgende oggend staan ek onder by die bike en rook terwyl my vrou haar hare droog blaas. Daai selfde ou kom verby en sê vir my hy kan nie glo dat ons met 'n bike ry en daars wragtag nog plek vir 'n haardroër ook nie.  Ek lag toe maar en sê hy moet sy vrou stuur vir paklesse  :2f

Offline Christi (Busa)

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 2,528
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #17 on: March 31, 2010, 13:02:14 PM »
Dit is verbasend dat soos jy se met die beperking jy net die nodige saam vat en dan is dit goed genoeg om mee klaar te kom. Ek en my vrou koop sommer by n bekende ketting winkel klere vir die naweek en gee dit vir die skoonmaker na die naweek. Of ons het al kaap toe dan pos ons ons begasie soontoe en weer terug.

Busa Loos...

Offline Esteni

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 3,698
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #18 on: March 31, 2010, 13:05:34 PM »
Ek sukkel nog partykeer om alles in te kry wat ek wil saamvat, maar dit raak darem al beter!!! ;D
If you think you can do a thing or think you can't do a thing, you're right.   Henry Ford

GoFast

  • Guest
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #19 on: March 31, 2010, 13:06:56 PM »
Ek is maar nou 26. Het nie baie ondervinding in iets spesifieks nie behalwe IT. BORING!

Ek is gewoonlik die persoon wie almal bel as daar fout is met hulle komper en ook as die "ouer"  (>:D) geslag iets soos 'n nuwe LCD of radio of iets met tegnologie koop wat ek dan moet kom opstel en laat werk. :2f :2f :2f

Ek is 'n technology freak.

Ek was bevoorreg dat ek op 19 dadelik in die diepkant ingegooi was. Ek het begin werk by 'n groot myn in the IT afdeling en ek het baie blootstelling gekry nie net mbt my werk nie, maar ook hoe mens "operate" in die groot wêreld. Dit het my baie meer volwasse gemaak. Dink ek.... :D :D

Offline Clem

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 10,534
  • Im aging like fine wine. Getting complex & fruity.
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #20 on: March 31, 2010, 13:08:55 PM »
Dit het my baie meer volwasse gemaak. Dink ek.... :D :D

"SNIPER" volwasse . . . .   :2f :2f :2f :2f :2f :2f :2f
Good wine and wisdom are one of a kind, since both only come in good time!

Lynnie

  • Guest
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #21 on: March 31, 2010, 13:10:21 PM »
My stem is in  O0

Oi oi oi - bly dis 'n vote sisteem want ons vrouens vertel nie maklik hoeveel jare al verby is nie
-  my Ma se mos altyd "always leave something for the imagination"
-  en skoonma altyd "mens mors nie met ondervinding nie"

Ek is in mid-life crisis, vir seker!!!!!

Hoop dat ek gespaar sal bly totdat ek met alles wat ek nog wil doen en sien "finished-en-klaar-is"   :2f :2f :2f

Batman

  • Guest
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #22 on: March 31, 2010, 13:10:30 PM »
Ek sukkel nog partykeer om alles in te kry wat ek wil saamvat, maar dit raak darem al beter!!! ;D

BMW het op hulle forum so advies artikel oor wat om te pak. Dit is baie bruikbaar as jy dit so tot in die helfte lees. Die ander goed wat die ou pak sluit 'n kampeer stoel en tafel ens in. Ek het daar gestop.

Soos ek eendag gelees het, pak alles op jou bed uit wat jy wil saamvat. Sit dan jou beursie langs dit neer en vat helfte van die items en 2x die geld, dan behoort jy oraait te wees

Offline JJ

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 3,415
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #23 on: March 31, 2010, 13:16:05 PM »
Ai Batman, daai haardroeer storie laat my ver terugdink.
Jare gelede het ons 5 pelle met ons vrouens 'n trip van so 3 500 km gedoen,
en dit het die tuinroete ingesluit.

Ek het daai tyd met 'n Kawa 1300 gery met die volgende:
2 x Wedge panniers
1 x Murse Topbox
1 x Tamaai Tankbag ......................alles volgelaai tot by die deksel.

Sit daarby vir my (100kg) en mammie (60kg) en 27 liter petrol in die tenk.......en maak self die somme.

Maar ek onthou goed ons eerste oorslaap was op Oudtshoorn...............en dis waar vroutjie haar
electric curlers uitgepak het. Ons was die joke vir die res van die trip.

Hier is 'n foto van daai trip....
Four wheels move the body, two wheels move the soul.

Batman

  • Guest
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #24 on: March 31, 2010, 13:55:17 PM »
Daai anner fiets is mos 'n CBR.
Was jare terug seker een van die beste toerfietse op die pad.   8)

Offline JJ

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 3,415
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #25 on: March 31, 2010, 14:02:59 PM »
Daai anner fiets is mos 'n CBR.
Was jare terug seker een van die beste toerfietse op die pad.   8)

Nee, daai was 'n Goldwing Interstate.... O0
Four wheels move the body, two wheels move the soul.

Offline Colyn

  • Shutterbug
  • Administrator
  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 5,484
    • Tripwired
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #26 on: March 31, 2010, 14:03:26 PM »
Ek het net so Kawa ... 'n swarte ... kompleet met die wedge panniers :)

Tripwired vir lekker Biker klere.
Kyk vêr en laat spat ...

Batman

  • Guest
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #27 on: March 31, 2010, 14:06:23 PM »
Nee, daai was 'n Goldwing Interstate.... O0

 :-[ Daai feraing lyk dam baie dieselfde as die CBR s'n  O0

Offline Stephan

  • Global Moderator
  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 7,310
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #28 on: March 31, 2010, 14:34:38 PM »
Is nou middel-veertigs en ry so 27 jaar fiets. Ek het begin met 'n XT500 en daarna 'n klompie ander. Moes nooit die XT verkoop het nie. Dit was die lekkerste fiets om in dik sand mee te ry. Oranje plastiek tenk.

Ons was daardie tyd living-ins in Katima Mulilo en was 'n paar manne met XT's en Honda XL'e wat omtrent elke naweek uitgery en iewers in die veld geslaap het. Het iewers nog 'n ou foto(s), sal gaan kyk waar's dit en dit inscan. Dalk is daar manne van daai tyd ook op die forum.

Voor ek die LT 'n paar jaar terug gekoop het, het ek my vrou belowe ek gaan iets koop wat ook gemaklik vir haar sal wees as ons langpad ry. Soos Kola sê, dit gaan oor die saamwees.

Ek wou toe eintlik die 1200GT gehad het, maar testdrive die RT, GS en GT met haar agterop. Die GT ry toe so lekker, ek vergeet skoon my vrou is agterop en sit ek die fiets deur sy passies deur verkeer. Lekker lig en jy kan hom tog te lekker rondgooi.

Julle sal nie verras wees nie maar my vrou voel toe nie te veilig agterop daai fiets nie. Help nie ek probeer verduidelik nie. Die LT is toe al wat oorbly om te ry en daar laat val ek die bike amper om toe ek nog nie eers weggetrek het nie. Het nie besef die fiets is so swaar nie. Toe's ek so bewerig dat ek mooi stadig ry en net daar sê my vrou dis die fiets wat sy baie, baie gemaklik op voel.

Cassie

  • Guest
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #29 on: March 31, 2010, 14:45:27 PM »
Sorry wil nie teem nie, maar ons gaan so ruk gelede met die fiets Klein Kariba toe vir die naweek en bly in een van hulle permanente tente. (Vir Cassie, dit het 'n bed, kombuis en ingeboude badkamer binne in)


 ;D Ken darem Klein Kariba en hul permanente tente.....  O0  Dis nie ver van my pa se plaas nie.  ;)