Poll

Kies a plekkie wat jou pas ...

Onder 18 ... Genade maar die ou mense kan kêrm
18 - 25 ... Wow ek is fris en wild ... pasop wêreld
25 - 35 ... Ek dink my pa was dalk reg ... die lewe is nie 'n spelietjie nie
35 - 45 ... Maggies maar dis lekker om te lewe
45 - 55 ... Ek wonder of die jonges weet wat hulle het
55 - 65 ... Tyd om sterk in te pak ... niks hou vir altyd nie
65 en oor ... Haai ... ek is nog hier ... altans ek dink so

Author Topic: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.  (Read 14850 times)

Offline JJ

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 3,415
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #30 on: March 31, 2010, 14:52:41 PM »
:-[ Daai feraing lyk dam baie dieselfde as die CBR s'n  O0

Yes.......Batman, hulle lyk nogal dieselfde.
Maar die een was defnitief die Goldwing.

Hier is 'n ander pic van dieselfde bike..
Four wheels move the body, two wheels move the soul.

Cassie

  • Guest
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #31 on: March 31, 2010, 15:00:48 PM »
Ek dink my pa was dalk reg ... die lewe is nie 'n spelietjie nie..... :)

• Motorfiets ondervinding:  13jr (plaas), 7jr (pad), 4jr (baan)
Racing ondervinding: 2jr Club racing - Breakfast Run Class & 600 Ladies Cup
• Afrigting ondervinding: 2jr - 2009 saam met Dave Klette (Brunch Cruise track days op Zwartkops)
                                        2010 saam met Clinton Pienaar (SA Biking Academy track days op Kyalami)
• Ryskole bygewoon: BMW Rider Academy, Phakisa Motoschool, California Superbike School.
• Motorfietse al besit: Honda VFR400, Honda CBR600, Suzuki GSX-R600
• Belangstellings: Racing8) Scuba-duik, speel met vuur (pois>:D
 
Offline Coolruler

  • Vasgevang
  • *
  • Posts: 243
  • "Go Hard or go Home"
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #32 on: March 31, 2010, 15:14:54 PM »
Agtergrond oor my - probeer Marketing & Accountancy studeer in Stellenbosch vir 2 jaar. Was nou nie eintlik vir my nie - so kan eerlik sê dat ek my ma-hulle se geld gemors het. Daarna het ek by Lubners (meubel winkel) begin werk vir so 1.5 jaar. Daarna het ek besluit om London toe te kom vir 'n paar maande "working holiday", en hier vind ek myself nogsteeds 11 jaar later...

Ek is nou 'n insurance underwriter (amper 10 jaar, en is gelukkig genoeg om vir een van die wereld se grootste maatskappye te werk. Hulle het my genader om vir hulle te kom werk, so ja..  dit is nogals 'n groot eer, en hopenlik maak ons 'n tak oop in SA... dan weet ons wie is eerste wat soontoe wil skuif....) Verseker high networth risks - so ek verseker huise wat 'n herbou waarde het van £1,000,000 en meer, en meeste karre is maar Ferrari, Lamborghini, Aston Martin, Bentley, Rolls Royce, Bugatti Veyron, Pogani Zonda, McLaren SLR's - en daai tipe karre. Dan doen ek ook yacht insurance - is gemiddelde waarde is omtrent £1,000,000. Geniet dit baie, maar werk baie lang ure (meeste lang ure is maar my eie keuse), want ek underwrite die risk, en besluit wat om te vra vir die risiko.

Hoogte punt was dat ek laas jaar op 2 yachts was - Die 1 was £10,000,000 werd, die ander een was £12,000,000 werd. Ek het nog nooit so iets beleef nie.. en die interior was absoluut great. 10/12 dining room suite, built-in 40inch flat screen tv, etc..

Laagte punt (so paar jaar terug) was 'n broker bel my en sê dat een van ons kliente het vir sy seun 'n studente kar gekoop. Hy is 19 jr oud en gaan studeer in Edinburgh University. Natuurlik flits my lewe terug na my getroue Datsun 1400 bakkie, en my goeie dae op Bikini Beach in Gordon's Baai... Natuurlik was daai droom vinnig terug geruk aarde toe.. toe ek hoor dat die pa koop vir sy 19jarige seun 'n Ferrari F430 met 'n waarde van £140,000... Nou ja - kom ons sê dat ek weet hy gaan nie eintlik studeer nie - want op 19 met so 'n kar beteken dit net 1 ding... Ek het heel kalm gesê dat ek nie die kar sal versker nie, want die seun het geen ondervinding nie, en dit is hopeloos te groot risk. Ek wil dit nie op my geheue hê as hy iets oorkom nie, en natuurlik sal ek my werk verloor as ek so iets skryf.

Full UK bike licence gekry in Nov 08. Het in SA learners gehad en 'n 1976 Vespa Scooter 150 Sprint gehad. Ry elke dag werk toe, behalwe as dit gesneeu het, en sal dit vir niks in die lewe ruil nie. Het al 'n paar keer gesien hoe ouens op scooters omgery word, of op die toneel aangekom net nadat dit gebeur het, so dit laat 'n mens net besef hoe geseënd jy is as jy veilig by jou bestemming uitkom. Ons is so 5 vriende hier wat motorfietse het, so ons probeer gereeld bymekaar kom en reel day trips met die bikes... Probeer maar by bike rallies of exibitions uitkom. Was onlangs by Pioneer Run gewees (het foto's opgesit)..

Padi Open Water duik kurses gedoen. Wil dit nog verder vat, maar tyd is maar min.

Hou my deesdae besig met die trou reelings. Trou Oktober in SA.... en sien baie uit na dit. Natuurlik is dit nie altyd straight-forward om dinge te reel as jy sover weg is nie, maar was darem vinnig in Jan in SA gewees. Kan nie wag om net rustig vir 3 weke te kuier saam vriende & familie nie...

Offline DD650

  • Kuiergas
  • *
  • Posts: 44
  • You have only one life, live it!
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #33 on: March 31, 2010, 15:16:56 PM »
Ek ondervind nou dat die lewe tog te lekker is!   O0  Het nou bietjie meer geld as toe mens 'n student was (maar minder tyd  :( ) en kan nou meer van die dinge doen wat die lewe die moeite werd maak.

Ek het al so ongeveer 40 jaar ondervinding van kamp (van baba dae af saam met my ouers en nog steeds) en 4x4 ry. Scuba duik al vir die afgelope 10 jaar en het al op 'n hele paar plekke geduik - Zanzibar, Rooisee twee keer, Kanariese eilande, Mosambiek baie, Sodwana baie, Kaap nie so baie.

Ek het so 18 maande gelede weer begin motorfiets ry (na my scooters op skool en universiteit) en het 'n F650GS gekoop - seker maar die begin van my middeljare krisis.   ;D  Ek het nou al so 13000km die laaste jaar gery en geniet nog elke oomblik daarvan! Veral die gedeelde tye saam my man en die langpad is baie spesiaal. Ons doen juis hierdie naweek weer 'n lang trip Limpopo en Pontdrift toe.

Verder weet ek so bietjie van IT en projekbestuur, maar wie wil nou oor werk praat so voor 'n lekker lang naweek?   :P

Offline Esteni

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 3,698
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #34 on: March 31, 2010, 16:15:30 PM »

Ek sien jy is ook in Centurion met 'n GS!!!  Cool!!! O0
If you think you can do a thing or think you can't do a thing, you're right.   Henry Ford

Offline Vallee

  • BIJT Gold
  • *
  • Posts: 1,865
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #35 on: March 31, 2010, 16:32:21 PM »
Jare agter my  ... spot me in the poll!

Jare voor my ... tot ek nie meer kan bike ry nie
Remember everyone you meet is fighting a battle you may know nothing about. Be gentle …

Offline Kola

  • 100% BIJT
  • *
  • Posts: 543
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #36 on: March 31, 2010, 19:18:42 PM »
Almal se familie het plase behalwe myne  :'(

Cassie, jy moet 'n draai in Slaapstad kom maak, dan gaan wys ek jou die Cow Sharks, en GW's sonder 'n hok.

Cassie

  • Guest
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #37 on: April 01, 2010, 07:55:50 AM »
Almal se familie het plase behalwe myne  :'(

Cassie, jy moet 'n draai in Slaapstad kom maak, dan gaan wys ek jou die Cow Sharks, en GW's sonder 'n hok.

Het dit al gedoen Kola, mar sal wéér!  ;) Enige tyd!  8)

Offline Stephan

  • Global Moderator
  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 7,310
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #38 on: April 15, 2010, 11:02:32 AM »
Moes nooit die XT verkoop het nie. Dit was die lekkerste fiets om in dik sand mee te ry. Oranje plastiek tenk.

Ons was daardie tyd living-ins in Katima Mulilo en was 'n paar manne met XT's en Honda XL'e wat omtrent elke naweek uitgery en iewers in die veld geslaap het. Het iewers nog 'n ou foto(s), sal gaan kyk waar's dit en dit inscan. Dalk is daar manne van daai tyd ook op die forum.
Het toe daarin geslaag om darem een van die ou foto's op te spoor.

Ons was so blêrrie jonk toe :); ek het nog hare gehad (wat swart was) - nou het ek omtrent niks oor nie en die bietjie wat daar nog oor is is heeltemal grys! ;D

Offline JJ

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 3,415
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #39 on: April 15, 2010, 11:07:18 AM »
Dis 'n lang tyd.......27 jaar. Maar ons mans word mos net meer mature.. ::) ::)

Ek het die ander dag op 'n foto afgekom wat die koerant van my en my seun geneem
het op 'n Toyrun van 1989.
Four wheels move the body, two wheels move the soul.

Offline Clem

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 10,534
  • Im aging like fine wine. Getting complex & fruity.
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #40 on: April 15, 2010, 11:08:29 AM »
Het toe daarin geslaag om darem een van die ou foto's op te spoor.

Ons was so blêrrie jonk toe :); ek het nog hare gehad (wat swart was) - nou het ek omtrent niks oor nie en die bietjie wat daar nog oor is is heeltemal grys! ;D

Stephan, ek was in Katima in 1979 vir 6 maande. Die beste tyd van my lewe!!! Was in die lugmag.
Good wine and wisdom are one of a kind, since both only come in good time!

Offline Roxtar

  • Verslaaf
  • *
  • Posts: 328
  • Die another day...........
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #41 on: April 15, 2010, 14:53:02 PM »
Kan nog onthou hoe ek altyd XT500 wou gehad het toe ek tjokker was, al die cool surfers in Durban het XT's gery! Het ene in my garage 25j later en is elke keer thrilling om die tante te gaan ry :2f Sien daar staan ene in Stephen se foto.......nice O0
Heeltyd Speeltyd............

Offline Stephan

  • Global Moderator
  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 7,310
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #42 on: April 15, 2010, 15:12:16 PM »
Stephan, ek was in Katima in 1979 vir 6 maande. Die beste tyd van my lewe!!! Was in die lugmag.
Kyk nou net hoe klein is die wêreld! Dis bietjie voor my tyd - in 1979 was ek nog 'n laaitie in St 9. Het in Caprivi aangekom in Jul 83 en daar gebly tot 2 weke voor onafhanklikheid.

Offline Stephan

  • Global Moderator
  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 7,310
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #43 on: April 16, 2010, 10:37:38 AM »
Ek het die ander dag op 'n foto afgekom wat die koerant van my en my seun geneem
het op 'n Toyrun van 1989.
Wys ons!
Stephan, ek was in Katima in 1979 vir 6 maande. Die beste tyd van my lewe!!! Was in die lugmag.
Het jy op Mpacha gebly?

Offline Clem

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 10,534
  • Im aging like fine wine. Getting complex & fruity.
Re: Hoeveel jare het jy al agter jou ... en voor jou.
« Reply #44 on: April 16, 2010, 10:41:39 AM »
Wys ons! Het jy op Mpacha gebly?

Ja, was op Mpacha en Katima. Was in die lugmag operasionele intelligensie dienste.
Good wine and wisdom are one of a kind, since both only come in good time!