Author Topic: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart  (Read 14380 times)

Offline Coetzee Zietsman

  • Moderator
  • Verslaaf
  • *
  • Posts: 362
  • So waar ry ons?
    • www.malutiavontuur.co.za
Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
« on: March 17, 2011, 09:08:10 am »
Ek stel solank net almal in kennis dat die volgende Maluti Avontuur weer die eerste naweek van Maart 2012 gaan wees. Boek dit solank nou al. Ek sal nuus en ander informasie hier opsit soos dit los kom. Sal julle op hoogte hou van al die rides en spesiale aanbiedinge vir mense wat vroeg boek. Hierdie jaar was 'n groot sukses en almal het baie lekker bike gery. Ons maak die volgende een nog beter met nog meer pret en plesier.
Stuur ook asb voorstelle van wat julle graag by die Maluti Avontuur sal wil sien en watse tipe rides julle in belang sou stel.
« Last Edit: October 21, 2011, 13:08:43 pm by Cassie »
Ry lekker, ry veilig en ry gereeld.

Offline Nico1

  • BIJT Gold
  • *
  • Posts: 1,935
    • facebook.com/smuts.nico
Re: Maluti Avontuur 2012
« Reply #1 on: March 17, 2011, 20:59:06 pm »
 KWAAI! O0 O0
« Last Edit: March 17, 2011, 21:12:11 pm by Nico1 »
Nico

Offline boeniel

  • Nuuskierig
  • *
  • Posts: 3
Re: Maluti Avontuur 2012
« Reply #2 on: March 31, 2011, 11:04:58 am »
Ek was da in 2011. Die wat da was sal onthou die TW200 bende.   

Ek wil graag net so `n paar sent se voorstelle maak.  Ek sal ook help met moontlike organiseering en wil nie net kla nie.

1: Dat die verskillende roete se vertrek tye duidelik op `n bord of so aan gebring word. Daar kan `n gemeenskaplike bord wees en dan moet (of liewers kan) die vertrek (bymekaarkom) punte vir elke roete aan gedui word. Dit sal die "briefing" (magtig afrikaans is ma `n great taal ne`) beter en makliker maak. Die groep leiers sal dan presies weet hoeveel mense is in die groep. Almal sal dan ook weet wie die sweep in die groep is.
2: Daar moet die geleentheid wees om net vir die roetes te betaal en te kan ry sonder om die fees by te woon. Bv. iemand is daar en wil twee dae se roetes ry maar wil net op een dag die fees by bring.
3: Miskien kan daar ook gekyk word om op die langer roetes vir die ryers versnapperings by so `n halpad merk te kan gee. (ingesluit by die koste)
4: Dit sal ook handig wees as die roetes voor die tyd beskikbaar kan wees om op `n GPS te kan laai. E-mail, websitye of so iets. Iemand tel dalk `n probleem op en dan is die voorryer weg en die roete onbekend.

Offline Coetzee Zietsman

  • Moderator
  • Verslaaf
  • *
  • Posts: 362
  • So waar ry ons?
    • www.malutiavontuur.co.za
Re: Maluti Avontuur 2012
« Reply #3 on: April 19, 2011, 12:42:47 pm »
Slim planne en ek sien hulle in die lig. Sal beslis daarna kyk en van jou planne inkorporeer.
Ry lekker, ry veilig en ry gereeld.

Offline Coetzee Zietsman

  • Moderator
  • Verslaaf
  • *
  • Posts: 362
  • So waar ry ons?
    • www.malutiavontuur.co.za
Maluti Avontuur 2012 (1e naweek in Maart). Die aftel het begin.
« Reply #4 on: October 20, 2011, 03:37:26 am »
Soos julle seker al teen die tyd weet, het Maluti Avontuur 'n baie suksesvolle BMW GS Eco in Clocolan aangebied. Dit was so suksesvol dat die BMW mense bevestig het hulle kom weer volgende jaar terug. In die proses het ons waardevolle lesse geleer en ondervinding opgedoen wat ons in die 2012 Maluti Avontuur kan inkroporeer. So die aftel het begin. Daar gaan 'n hele paar nuwe verassings wees en die roetes gaan beter as ooit wees. Vra maar vir die BMW ryers. Ek gooi solank 'n paar fotos hier net om die belangstelling te prikkel.

« Last Edit: October 21, 2011, 13:06:30 pm by Cassie »
Ry lekker, ry veilig en ry gereeld.

Offline Coetzee Zietsman

  • Moderator
  • Verslaaf
  • *
  • Posts: 362
  • So waar ry ons?
    • www.malutiavontuur.co.za
Re: Maluti Avontuur 2012. Die aftel het begin.
« Reply #5 on: October 21, 2011, 12:32:34 pm »
Die beste foto van die GS Eco op Clocolan. Dankie Greg Beadle. Ook net nog 'n voorsmakie van wat julle by die Maluti Avontuur kan verwag die eerste naweek in Maart 2012. Hou daai naweek sommer nou al oop.
Ry lekker, ry veilig en ry gereeld.

Cassie

  • Guest
Re: Maluti Avontuur 2012 (1e naweek in Maart). Die aftel het begin.
« Reply #6 on: October 21, 2011, 13:07:42 pm »
 8) 8) 8)

Offline Colyn

  • Shutterbug
  • Administrator
  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 5,484
    • Tripwired
Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
« Reply #7 on: October 23, 2011, 08:02:06 am »
Hoekom is die topic gelock ?
Tripwired vir lekker Biker klere.
Kyk vêr en laat spat ...

Offline Coetzee Zietsman

  • Moderator
  • Verslaaf
  • *
  • Posts: 362
  • So waar ry ons?
    • www.malutiavontuur.co.za
Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
« Reply #8 on: October 24, 2011, 00:57:03 am »
Colyn, Ek is nie bewus daarvan dat dit gelock is nie? Hoe unlock ek dit?
Ry lekker, ry veilig en ry gereeld.

Offline Colyn

  • Shutterbug
  • Administrator
  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 5,484
    • Tripwired
Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
« Reply #9 on: October 24, 2011, 09:02:13 am »
Moenie worry nie ... ek het dit unlock ;)
Tripwired vir lekker Biker klere.
Kyk vêr en laat spat ...

dgerhard

  • Guest
Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
« Reply #10 on: October 24, 2011, 21:51:43 pm »
Nou voor hy weer sluit, eendag, eendag wil ek ook nog soontoe O0 O0

Offline Coetzee Zietsman

  • Moderator
  • Verslaaf
  • *
  • Posts: 362
  • So waar ry ons?
    • www.malutiavontuur.co.za
Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
« Reply #11 on: October 25, 2011, 09:50:02 am »
Gerry, jy het reeds die regte bike, so kry jou dinges in rat. Eendag is te laat.
Ry lekker, ry veilig en ry gereeld.

dgerhard

  • Guest
Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
« Reply #12 on: October 27, 2011, 21:11:08 pm »
Ai man, naweke is vir moeilik om weg te kom.  Kan ek en 'n paar ouens soos net die Vrydag-aand en Saterdag kom inloer?  Sal dit kan werk?  Indien wel sal ek graag wil kom O0 O0

Offline dolf

  • Verslaaf
  • *
  • Posts: 260
Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
« Reply #13 on: October 28, 2011, 11:44:57 am »
Hey doom, ek sal ongelukkig nie daai Sondag in die kerk kan wees nie! >:D >:D
'n Mens kry geen plesier uit dinge wat jy nie gedoen het nie!

Offline Lin3

  • BIJT Rider
  • *
  • Posts: 6,810
Re: Maluti Avontuur 2012 - 1e naweek in Maart
« Reply #14 on: October 28, 2011, 11:58:17 am »
Gerry, jy het reeds die regte bike, so kry jou dinges in rat. Eendag is te laat.
Jip Gerry met daai dinges van jou moet jy mos Sondae op die kansel staan. ;D ;D ;D
Hoekom vra jy nie Johan van Schalkwyk om jou daardie naweek uit te help nie......
Ons ry bike, ander mense spreek sielkundiges.