bikeinjoutaal.co.za
September 07, 2010, 12:08:54 pm *
Welcome, Gas. Please login or register.
Did you miss your activation email?

Login with username, password and session length
Nuus: Welkom by Bike in jou Taal. Die Woema Ondersteuners Forum.
 
   Tuis   Help Soek Kalender Login Registreer  
Bladsye: [1] 2 3   Ondertoe
  Print  
Skrywer Artikel: Niks hou vir altyd nie.  (Read 2332 times)
0 Lede and 1 Gas are viewing this topic.
Colyn
Shutterbug
Administrator
Woema Rider
*
*
*
Offline Offline

Gender: Male
Home: Rhenosterkop
Bike: BMW K1200LT - R1200GS
Posts: 3,022



WWW
« op: Junie 08, 2009, 01:24:10 am »

Vannaand skryf ek die stukkie vir die wat al kennis gemaak het met depressie ... nie die geld soort depressie nie ... nee dis geestelike depressie ... daai ding wat so maklik die lewe uit mens uit kan suig.

In die huidige ekonomiese klimaat is dit net vanselfsprekend dat ons elke dag met dinge gekonfronteer word wat mens laat voel die lewe is net eenvoudig te swaar. Angstigheid oor geld en die toekoms laat jou voel dat die mure jou vasdruk en die plafon wil jou versmoor.

Jy maak die koerant oop en berigte van mense wat selfmoord pleeg en gesinsgeweld spring uit die bladsye uit op. Jou oë dwaal oor die swartgalligheid en jou gemoed trek jou nader na die grond toe. Die foon lui en nog 'n kliënt kanselleer 'n afspraak. Sonder om te kyk voel voel jy waar jou beker koffie staan en te laat besef jy dit is nie goed om blindelings na warm koffie te soek nie. Dis met 'n gevoel van totale afsku dat jy kyk en sien hoe die bruin vloeistof oor jou tafel vloei sonder enige ontsag vir die waarde of kwesbaarheid van dit wat in die stomende stroom bruin vloeistof se pad kom nie.

Vir bykans my hele lewe het ek 'n donker draak wat op die rante van my bestaan rond luier en net wag vir die kans om my te bespring en te verswelg ... depressie ... a maalkolk van emosies wat my die dieptes insleep sonder om ag te slaan op enige sosiale etiket of ordentlikheid. Dis periodiek en wel bekend aan my. Ek en hierdie draak kruis swaarde met eentonige reelmaat en die geveg duur gewoonlik so vier dae.

Dag een begin gewoonlik met a rits insidente wat my eers erg agresief maak en dan skielik is hy daar ... gloeiende oë en 'n vlammebêk wat reg op my gerig word. Omdat ek hom goed ken weet ek onmiddelik waarvoor ek in is en dan vat dit alles in my om nie waansinnig goeters in sy rigting te slinger nie. Nee ... ondervinding het my geleer dat ek beter nou my kragte spaar en sorg dat daardie kwylende tande my nie in die hande kry nie. Daar lê 4 dae van loutere hel voor en ek gaan elke greintjie energie nodig hê om die anderkant van hierdie ding te sien.

Soos die dag vorder begin al hoe meer dinge skeefloop en dit verg brute wilskrag om elke krisis te hanteer en dit so te hanteer dat ek met die uitkoms kan leef. Baie mense is afhanklik van my en besluite wat ek neem kan ernstige gevolge vir ander mense inhou. Alhoewel alles in my skree om myself te beskerm kan ek nie toelaat dat selfbeskerming my enigste doel word nie want ek het verantwoordelikhede.

Teen laatnag is die draak baie naby aan my en slaap is nie 'n opsie nie. Ek is gelukkig dat my werk ook my stokperdjie is en baie van die gereedskap wat ek in my werk gebruik is ook goeie ontspanning vir my. Nou word dit meer as onspanning, dit word ontvlugting. Ek worstel die nag om deur een of ander abnormale moeilike grafiese taak aan te pak en honderd persent in die tegniese uitdagings in te sink.

Dag twee breek aan en ek is nou baie slegte geselskap. Ek vermy enige kontak met mense so vêr as wat ek kan en konsentreer op my werk, drink koffie en rook sterk sigarette. Wel rook is seker nie heeltemal waar nie, ek brand baie sigarette. Nog 'n lang nag is voor en ek leef min of meer in 'n skemer wêreld van donker gedagtes en pruttende agressie wat kort kort neig om uit te bars. Dis juis hierdie agressie wat my geleer het om mense te vermy so vêr as moontlik gedurende hierdie insidente. Ja ek noem dit 'n insident want ek gaan dit nie verheerlik met a formele titel of naam nie.

Dag drie is wanneer ek begin swig voor die uitputting en dis net met jarelange se ingeburgerde disipline dat ek die draak bly beveg en nie toegee nie. Teen laataand verander ek my taktiek. Teen hierdie tyd is ek fisies uitgeput en dan laat los ek die brieke. Met totale oorgawe laat ek toe dat die depressie om my vou soos 'n dik nat kombers. Ek gaan klim in die bed en raak gewoonlik feitlik onmiddelik aan die slaap. My slaap word versteur deur aaklige drome maar ek het al geleer dat dit onskadelik is en die angstigheid word maar as deel van die "fliek" gesien.

Dagbreek dag vier ... ek sleep myself uit die bed uit en gaan sit in my kantoor en staar maar net deur die venster. Die draak is in sy noppies want hy het vrye teuls. Hy boelie en karnuffel my lam en tam gees sonder genade en ek is 'n gelate deelnemer aan hierdie geveg.

Nou gaan ek sê wat dalk nie mooi sin gaan maak vir die meeste van julle nie maar ek het hierdie totale oorgawe nodig anders kan ek nie uit die donker gat uit kom nie. In my geestesoog is dit kompleet asof die oorgawe my toelaat om spoed op te tel die dieptes in. Ja, ek moet spoed optel want as ek die bodem op volspoed tref dan sal daar genoeg momentum wees om die anderkant uit te kom. So in die ure na sonop tuimel ek teen die wal af sonder weerstand en soek naarstigtelik vir die bodem.

Hierdie fase duur ongeveer 12 ure en is louter hel. My brein voel soos a nat slaapsak en my produktiwiteit is feitlik zero. Teen laatmiddag neem ek a wils besluit ... GENOEG !

Ek forseer myself om te gaan stort en te skeer en netjies aan te trek. Volgende is 'n ordentlike ete saam met my familie en dan skud ek die laaste klippies uit my skoene en begin te werk. Die draak se ogies verdof en sy bek gaan toe. Ek hou hom dop soos hy druipstert wegwaggel en in sy grot verdwyn. Nie verslaan nie maar wel goed afgeweer want ek weet uit ondervinding hy gaan eendag weer terugkom. Maar vir nou is hy weg en die lewe gaan aan. Wat belangrik is om te onthou is dat alhoewel dit 'n helse onderving vir my is het die wêreld nie een sekond verloor nie en niks het stil gaan staan nie.

Nou het ek omtrent klaar gepraat en gaan vir julle 'n paar mooi fotos wys.


Alhoewel die winter hoe erg was sal die bome weer bot en blom as die lente kom.


Waar daar 'n paar maande terug net kaaltakke was is daar nou groen lower en helder blomme.


In volle glorie betower die Flambojante ons, vol beloftes van wonderlike dae wat voorlê.


Helaas ... niks hou vir ewig aan nie.

As jy dalk aan depressie ly ... soek hulp voor dit te laat is. Depressie is 'n monster wat jou lewe wegsteel en dan lag daaroor. Ek het 'n paar wyse mense in my lewe gehad wat my geleer het hoe om die ding te hanteer.
Logged

Tripwired vir lekker Biker klere.
Kyk vêr en laat spat ...
CustomK5
Vasgevang
*
Offline Offline

Gender: Male
Home: Centurion
Bike: None
Posts: 141



WWW
« Antwoord #1 op: Junie 08, 2009, 06:29:10 am »

Mens hoor altyd van die tipe stuff en het nooit werklik begrip watter impak dit op n mens se lewe kan he nie. Colyn, dit klink baie erg en ek is bly om te hoor jy kon deur dit werk. Al wat ek kan se is sterkte.

Nog n ding....hoe gereeld tref dit mens en wat gee aanleiding dat so iets met n mens gebeur? ( Jammer oor die vrae. Probeer net beter verstaan)
Logged

Cassie
Blonde Blits
Woema Rider
*
*
*
Offline Offline

Gender: Female
Home: Pretoria
Bike: GSX-R600
Posts: 13,546


Lewe begin by 60..... grade vanaf vertikaal.


« Antwoord #2 op: Junie 08, 2009, 08:16:08 am »

Sjoe.........  Undecided  Colyn, waar is die wyse mense heen wat jy sê jy in jou lewe geHAD het?

Ek het 3 sulke mense in my lewe, en ek is ewig dankbaar vir hulle en ek bid elke aand en sê dankie dat Ons Vader hulle in my lewe gebring het!  Wink

Logged

Colyn
Shutterbug
Administrator
Woema Rider
*
*
*
Offline Offline

Gender: Male
Home: Rhenosterkop
Bike: BMW K1200LT - R1200GS
Posts: 3,022



WWW
« Antwoord #3 op: Junie 08, 2009, 08:34:42 am »

Nog n ding....hoe gereeld tref dit mens en wat gee aanleiding dat so iets met n mens gebeur? ( Jammer oor die vrae. Probeer net beter verstaan)

Jong ek kry dit nou deesdae nie meer so gereeld nie maar in my jonger dae was dit omtrent so elke 6 tot 8 weke. Ek dink met die grysheid kom die wysheid en ek hanteer die triggers seker maar beter Wink

Wat dit trigger is nie heeltemal duidelik vir my nie maar a rits serious goeters wat nie vinnig genoeg opgelos word nie is gewoonlik die begin van so insident. Een van die redes hoekom ek dit haat om a issue te laat rondhang. As daar iets is wat krap dan pak ek die bul by die horings en die mense wat my goed ken weet dis nie 'n goeie plan om by my te skinder nie. Wink

PS ... dankie vir die "sterkte" maar ek het die stukkie nie geskryf vir simpatie nie ... ek het dit geskryf omdat ek glo dit kan iemand anders help om die "draak" te identifiseer. Om depressie te ignoreer kan tragiese gevoge hê. Ek gebruik geen medikasie nie ... het dit eenkeer gedoen in die 80's en toe hou die insident aan vir 8 dae. Sad Let wel ... ek weet ook van baie mense wat dit gladnie kan maak sonder medikasie nie en ek het nie issues daarmee nie ... vir my is dit net nie a goeie opsie nie. Wink
Logged

Tripwired vir lekker Biker klere.
Kyk vêr en laat spat ...
K1300S
Woema Rider
*
Offline Offline

Gender: Male
Home: Waar Ek My Hoed Hang
Bike: BMW K1300S
Posts: 3,402



« Antwoord #4 op: Junie 08, 2009, 08:36:05 am »

Wow Colyn jy skryf regtig baie mooi en die manier hoe jy alles beskryf is PUIK  Afro
Ek kon eintlik daai Draak in my geestes oog sien toe hy druipstert wegwaggel...

Ek dink meeste van ons kruis swaarde met daai Draak van tyd tot tyd en as die nie was vir vriende en familie nie dan so daai draak meer kere gewen het.

Een van die redes dat ek Bike ry is omdat my Bike my Prozac is.
As ek opklim en begin ry dan waai die wind al daai donker gedagtes uit my kop uit...  Wink
Party keer vat net 100km maar ander kere vat dit so 1,000km...
Dit hang net af hoe groot en sterk daai draak is ...
Logged

Evil
Colyn
Shutterbug
Administrator
Woema Rider
*
*
*
Offline Offline

Gender: Male
Home: Rhenosterkop
Bike: BMW K1200LT - R1200GS
Posts: 3,022



WWW
« Antwoord #5 op: Junie 08, 2009, 08:40:11 am »

Sjoe.........  Undecided  Colyn, waar is die wyse mense heen wat jy sê jy in jou lewe geHAD het?

Ek het 3 sulke mense in my lewe, en ek is ewig dankbaar vir hulle en ek bid elke aand en sê dankie dat Ons Vader hulle in my lewe gebring het!  Wink

Een is al in die 80's dood en die ander een en ek het nie meer baie kontak nie. Deesdae speel Roan a groot rol in my "coping" proses. My vrou en kinders hou net eenvoudig bietjie wyd as so insident opduik en ek neem hulle gladnie kwalik daarvoor nie want dis beter vir my. Ek verkies dit om nie "vertroos" te word nie want dit sal my weerstand sekerlik verminder ... ek klim sommer net op my bike en gaan ry 'n rigting in. Die stilte in my helmet laat my toe om te fokus.
Logged

Tripwired vir lekker Biker klere.
Kyk vêr en laat spat ...
Cassie
Blonde Blits
Woema Rider
*
*
*
Offline Offline

Gender: Female
Home: Pretoria
Bike: GSX-R600
Posts: 13,546


Lewe begin by 60..... grade vanaf vertikaal.


« Antwoord #6 op: Junie 08, 2009, 08:45:03 am »

... ek klim sommer net op my bike en gaan ry 'n rigting in. Die stilte in my helmet laat my toe om te fokus.

Stem!!!  Afro Afro Afro
Logged

K1300S
Woema Rider
*
Offline Offline

Gender: Male
Home: Waar Ek My Hoed Hang
Bike: BMW K1300S
Posts: 3,402



« Antwoord #7 op: Junie 08, 2009, 08:51:48 am »

As julle so aan hou praat gaan ons eendag 'n voorskrif nodig he om ons bike te ry..  Grin
Logged

Evil
Colyn
Shutterbug
Administrator
Woema Rider
*
*
*
Offline Offline

Gender: Male
Home: Rhenosterkop
Bike: BMW K1200LT - R1200GS
Posts: 3,022



WWW
« Antwoord #8 op: Junie 08, 2009, 08:57:11 am »

As julle so aan hou praat gaan ons eendag 'n voorskrif nodig he om ons bike te ry..  Grin

Wel dan betaal die Medical Aid vir die trip Smiley
Logged

Tripwired vir lekker Biker klere.
Kyk vêr en laat spat ...
Lynnie
Woema Silver
*
Offline Offline

Gender: Female
Home: Roodekrans, Roodepoort
Bike: Yamaha Dragstar 650 Cruiser
Posts: 1,334



« Antwoord #9 op: Junie 08, 2009, 10:33:15 am »

Colyn, jy het 'n wonderlike gawe om alles so direk aan te spreek en te verduidelik.  Dankie dat jy dit met die forum gedeel het - dit kan net talle ander mense help.  Te veel mense wil nie hierdie dinge deel nie - maar dit is so 'n GROOT deel van so BAIE mense se lewens - en dit is hoekom dit so belangrik is om te deel.

Sterkte vorentoe  Afro

Logged

May the road forward never end and the highways and biways be our friend
Colyn
Shutterbug
Administrator
Woema Rider
*
*
*
Offline Offline

Gender: Male
Home: Rhenosterkop
Bike: BMW K1200LT - R1200GS
Posts: 3,022



WWW
« Antwoord #10 op: Junie 08, 2009, 10:43:20 am »

Wow Colyn jy skryf regtig baie mooi en die manier hoe jy alles beskryf is PUIK  Afro
Ek kon eintlik daai Draak in my geestes oog sien toe hy druipstert wegwaggel...

Ek dink meeste van ons kruis swaarde met daai Draak van tyd tot tyd en as die nie was vir vriende en familie nie dan so daai draak meer kere gewen het.

Een van die redes dat ek Bike ry is omdat my Bike my Prozac is.
As ek opklim en begin ry dan waai die wind al daai donker gedagtes uit my kop uit...  Wink
Party keer vat net 100km maar ander kere vat dit so 1,000km...
Dit hang net af hoe groot en sterk daai draak is ...

Yep ... ek is seker ons almal ken daai draak maar ek dink party van ons is net soms a bietjie te ligsinnig oor hom. Hy is werklik en hy is a blixem en dis beter om sy bestaan te erken en jou coping meganismes in plek te sit as om hom te ignoreer en hy vang jou onkant.

Dankie vir die mooi woorde. Wink
Logged

Tripwired vir lekker Biker klere.
Kyk vêr en laat spat ...
Cassie
Blonde Blits
Woema Rider
*
*
*
Offline Offline

Gender: Female
Home: Pretoria
Bike: GSX-R600
Posts: 13,546


Lewe begin by 60..... grade vanaf vertikaal.


« Antwoord #11 op: Junie 08, 2009, 10:59:37 am »

Yep ... ek is seker ons almal ken daai draak maar ek dink party van ons is net soms a bietjie te ligsinnig oor hom. Hy is werklik en hy is a blixem en dis beter om sy bestaan te erken en jou coping meganismes in plek te sit as om hom te ignoreer en hy vang jou onkant.


Jy vertel my!!!   Afro
Logged

Colyn
Shutterbug
Administrator
Woema Rider
*
*
*
Offline Offline

Gender: Male
Home: Rhenosterkop
Bike: BMW K1200LT - R1200GS
Posts: 3,022



WWW
« Antwoord #12 op: Junie 08, 2009, 10:59:55 am »

Colyn, jy het 'n wonderlike gawe om alles so direk aan te spreek en te verduidelik.  Dankie dat jy dit met die forum gedeel het - dit kan net talle ander mense help.  Te veel mense wil nie hierdie dinge deel nie - maar dit is so 'n GROOT deel van so BAIE mense se lewens - en dit is hoekom dit so belangrik is om te deel.

Sterkte vorentoe  Afro

Dankie vir jou mooi woorde. Een serious spinoff wat ek uit hierdie insidente kry is dat dit my gewoonlik los met a bruisende fontein van skeppende energie.

Miskien is die "draak" se manier om te sê ... "Welgedaan ... hier is vir jou ietsie om oor te glimlag. Sien jou weer Wink "

Logged

Tripwired vir lekker Biker klere.
Kyk vêr en laat spat ...
Cassie
Blonde Blits
Woema Rider
*
*
*
Offline Offline

Gender: Female
Home: Pretoria
Bike: GSX-R600
Posts: 13,546


Lewe begin by 60..... grade vanaf vertikaal.


« Antwoord #13 op: Junie 08, 2009, 11:05:23 am »

Dankie vir jou mooi woorde. Een serious spinoff wat ek uit hierdie insidente kry is dat dit my gewoonlik los met a bruisende fontein van skeppende energie.

Miskien is die "draak" se manier om te sê ... "Welgedaan ... hier is vir jou ietsie om oor te glimlag. Sien jou weer Wink "

Tai Chi.......  Gebruik die momentum van daai krag wat teen jou uitgeoefen word om dit net weer so na die ander kant toe te gooi (weg).......  Wink

*Ek LOVE die Oosterse kunste*  Smiley
Logged

TC
Woema Rider
*
*
*
*
Online Online

Gender: Male
Home: Pretoria
Posts: 5,092


BMW1200GSA, 1050 Speed Triple en Scooter


« Antwoord #14 op: Junie 08, 2009, 11:09:42 am »

Ek het my terapie geld gebruik om n KAWASAKI GTR 1400 te koop..............
Logged

As my gat jeuk krap ek hom met my bikes se seat.........
Bladsye: [1] 2 3   Boontoe
  Print  
 
Spring na:  

Powered by MySQL Powered by PHP Powered by SMF 1.1.9 | SMF © 2006-2009, Simple Machines LLC Valid XHTML 1.0! Valid CSS!